Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Genesis (Page 7 of 10)

Geloof maak jou ‘n erfgenaam van God se vryspraak, maar dien tot veroordeling van die wêreld

Skriflesing: Genesis 6 en Hebreërs 11:1-7
Teksverse: Genesis 6:22 en Hebreërs 11:1&7
HK: Sondag 7

Hebreërs 11:1 dui aan dat geloof sekerheid gee oor dit wat ons op hoop en oortuig ons van die dinge wat ons nog nie kan sien nie.

In die lewe van Noag het hierdie woorde ook vir hom en sy gesin tot redding gegeld. Hy het die Here met eerbied en ontsag gehoorsaam en in geloof die ark gebou.  Die Here het hom immers gewaarsku oor iets (die sondvloed) wat gaan kom, maar waarvan daar vir ‘n lang tyd niks sigbaar was nie. Sy gelowige gehoorsaamheid en vertroue in die Here het meegebring dat die ark vir hom en sy gesin gereed was om in te gaan toe die sondvloed plaasgevind het. So is hy en sy hele gesin gered van God se oordeel oor die wêreld. 

Sy geloof en gehoorsaamheid aan die Here het egter nie net tot redding gelei nie, maar ook tot ‘n getuie van verooderling vir al die mense van die destydse wêreld. Teenoor die veroordeling van die ongelowige mense, het Noag deel ontvang van die vryspraak van God se oordeel en so ‘n erfgenaam geword van die ewige heerlikheid.

Die genade-verbond roep tot gehoorsaamheid!

Lees: Genesis 15:1-21
Teks: Genesis 15:8,13,17

Op versoek kyk ons nog ‘n keer na die verbondsluiting van God met Abraham en sy nageslag. In hierdie hoofstuk is die mens die onseker een wat tekens en bewyse soek vir die beloftes van God. Hoe pateties eintlik. God is ewig getrou. Aan sy word hoef ons nooit te twyfel nie. Maar in sy genade gee hy die wat die mens vra. En later volg ook nog die besnydenis (nou die doop as teken van die verbond). Die klem in die verbondsluiting lê eintlik in die genade wat God gee en die die mens wat daardeur opgeroep word tot gehoorsaamheid.

MOEDERBELOFTE – PROTO-EVANGELIE!

Skriflesing: Gen 3:1-24; Rom 5:12-21 
Teksvers: Gen 3:15; Rom 5:14b,15 

Gen 3:15 (‘53 en ‘83) 

15a “Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, 
15b tussen jou nageslag (saad) en haar nageslag. (saad) 
15c Haar nageslag (Hy) sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” 

As Genesis drie nie in die Bybel opgeskryf was nie, was die Bybel nie nodig soos wat ons dit ken en ontvang het nie. HOEKOM… 

Want die res van die Bybel handel oor die mens se sondes en oortredinge, en oor wie God is in sy Selfopenbaring en in sy genade wat Hy gedoen het om die mens te verlos. As ons Genesis drie verstaan, verstaan ons die res van die Bybel en natuurlik veral Romeine 5. 

• Satan is God se vyand en hy is werklik en bestaan. 
• Satan het die mens se hele bestaan verander…. 
• God se genade nou reeds geopenbaar in die Moederbelofte. 

PROEFGEBOD

Skriflesing: Gen 2:4b-25
Teksvers: Gen 2:16,17 

Voorregte bring verantwoordelikhede! God se genade vra gehoorsame verantwoordelikhede 

1 God skep die man Gen 2:4b-7 

2 God skep ’n tuiste Gen 2:8-15 

3 God skep ’n Proefgebod Gen 2:16,17 

4 God skep die vrou Gen 2:18-23 

5 God skep die huwelik Gen 2:24,25

Ds Gerrit Kruger 

« Older posts Newer posts »