Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Lukas (Page 10 of 13)

Christus maak ons deel van die gemeenskap van heiliges

Skriflesing: Lukas 15:11-32
Teksvers: Lukas 15:21
HK: Sondag 21

Ons ken die trilogie van verlorenheid baie goed. Die gelykenis van die verlore seun is algemeen bekend. En hoewel dit hier gaan oor die blydskap van die bekering van sondaars, sit daar ook iets in hierdie gelykenis oor hoe ons die kerk moet sien.

  1. Wat beteken die woordjie: “kerk”? NGB art 28
  2. Aan wie behoort die kerk? NGB art 27
  3. Hoeveel kerke bestaan daar? NGB art 29
  4. Waarom is dit belangrik om deel te wees van ‘n gemeen-te? HK Sondag 21

Laai af

Jesus is meer as net ons hoop, Hy is ons Enigste Verlosser

Skriflesing: Lukas 24:13-53
Teksvers: Lukas 24:21
HK: Sondag 11

Mense kan baie maklik moed verloor veral wanneer dinge nie uitwerk soos hulle gedink het nie. Dit is presies wat gebeur met die twee Emmausgangers. Hulle is oppad huistoe, en het gehoop dat Jesus die ware Verlosser is.

In die Heidelberger bely ons egter veel meer as net om te hoop: elkeen wat die Verlosser met ‘n ware geloof aanneem, het in Hom alles wat vir hulle saligheid nodig is.

Laai af

Engele bring die goeie tyding van ware vrede!

Skriflesing: Luk 2:1-20
Teksvers: Luk 2:9-14

Die eerste direkte aankondiging van Jesus Christus se geboorte word deur ’n engel gebring. Die engel bring dit aan anonieme skaapwagters. Verwonderd en met ’n heilige vrees luister die skaapwagters na hierdie boodskap. Die engel troos hulle om nie bang te wees nie. Om dit verder te beklemtoon verskyn daar ’n menigte van engele wat ’n loflied sing, ’n hemelse koor van volmaakte sang. God se heerlikheid word openbaar in sy Seun. Die eenvoudige krip word ‘n heilige plek, want ons Here Jesus Christus lê daarin as die Seun van God en die Seun van die mens.

Ons gaan na drie sake kyk vanaand:

  • ’n Engel bring die goeie tyding.
  • Engele juig oor die goeie tyding.
  • Die goeie tyding is ware vrede.

Laai af

Ware geloof kom tot uiting in jou dankbaarheid teenoor God. Nood, Uitkoms, Dankbaarheid

Skriflesing: Luk 17:11-19
Teksvers: Luk 17:11-19

In die Winter kla ons dit is te koud en in Somer kla ons dit is te warm. Of dit is te droog of te nat – daar is altyd fout. Ons dankbaarheid teenoor God is dikwels relatief. As dit goed gaan vergeet ons so maklik die Here, maar as dit sleg of swaar gaan hardloop ons gou na die Here toe. Ons is gou om te bid en te vra, maar ook stadig om dankie te sê en te prys.

  • Die nood van tien melaatses.
  • Die uitkoms van tien melaatses.
  • Die dankbaarheid van Een melaatse.

Laai af

Verdorde hand of verdorde hart?

Skriflesing: Matteus 12 en Markus 3; Lukas 6
Teksverse: Lukas 6:6-11

Het jy al nagedink oor die verandering, vernuwing en geloofsgroei in jou eie lewe? Verandering kom nie sommer nie. Dit is maar net as die Heilige Gees jou oortuig dat daar vernuwing by jou kan plaasvind. Die Fariseërs het aan ‘n manier van versoening, tussen hulle en God, deur wetsonderhouding vasgehou. Hulle wou eerder hulle eie siening en verdienste as weg tot saligheid navolg as om die genade in en deur Jesus Christus hulle eie te maak. Daarom dan vandag die vraag ook aan jou: Bring die besef van jou eie verdorwenheid jou by Jesus Chrisuts uit of is jy verhard in jou eie selfgekose manier van lewe? Verdorde hand of verdorde hart?

Laai af

« Older posts Newer posts »