Skriflesing: Gal 3:1-4:7 Teksvers: Gal 3:10-13, 25
Gal 3:25 “Ons is nie meer onder ’n tugmeester nie.” (1953) “Ons staan nie meer onder toesig van die wet nie.” (1983) “Ons staan nie meer onder die toesig van ’n oppasser nie.” (2020)
Verlossing kan nooit kom deur die onderhouding van die wet nie. Dit is omdat niemand die wet volkome kan onderhou nie, behalwe Jesus Christus wat self volkome mens was, maar sonder sonde.
Skriflesing: Genesis 1:23-31; Matteus 19:3-10; Maleagi 2:15; 1 Korintiërs 3:18; Rom 1:21-32 Teksvers: Genesis 1:27; 2 Kor 3:18
In die sogenaamde WOKE-kultuur van ons dekade is daar die idee by sommiges dat ‘n mens jou eie geslag kan kies. Alhoewel dit in alle redelike denke as absurd sou tel, moet ons tog baie goed verstaan dat dit die gangbare taal van ons wêreld-omgewing geword het. Mans wat teen alle manlikheid in kies om ontman te word en andersom!
Daarteenoor sê Jesus onomwonde “dit was nie van die begin af so nie”.
Omgekeerde ‘waarhede’ is eintlik net bedekte leuens en ons moet ons (en ons kinders en nageslag) toerus om hier anders te dink as die wêreld.
Deut 22:5: ‘n Vrou mag nie mansklere dra nie, en ‘n man mag nie vrouensklere aantrek nie, Die Here het ‘n afsku van mense wat dit doen
Moses pas die beginsel van die respek vir die lewe en die respek vir die grense wat God stel toe op verskeie sake. (Deut 22:1-30)
Uit respek vir diere en hulle eienaars help ‘n mens verdwaalde diere, selfs al is hulle nie jou eie nie: “Jy mag jou nie blind hou nie”! Jy mag nie onverskillig staan nie. Jy moet jou naaste help, selfs al ken jy hom nie! Jy tel ook die diere van jou naaste op wat geval het.
Uit respek vir die ander geslag trek mans en vrouens nie dieselfde aan nie. Transvestisisme word hiermee afgewys, ook homoseksuele gedrag, hoewel die presiese kleredrag nie gespesifiseer word nie en die Hebreeuse woord ook wa-pens en ander manlike gebruiksartikels kon insluit. Dit is nie asof daar iets inherent verkeerd is met die dra van spesifieke klere of gebruiksartikels nie. Dit is doodgewoon ‘n grens wat God gestel het tussen mans en vroue wat sosiaal ook in kleredrag respekteer moet word.
Uit respek vir die voortbestaan van wilde diere word wyfievoëls beskerm sodat daar nóg kleintjies gebore kan word.
Uit respek vir jou gaste sorg jy dat daar veiligheidsreëlings by jou huis aangebring word, sodat hulle nie per ongeluk afval van die kuierplek op die platdakhuise nie.
Uit respek vir die oneweredige krag van ‘n bees en ‘n donkie mag hulle nie saam as trekdiere ingespan word nie.
‘n Vrou wat vóór haar huwelik reeds geslagsgemeenskap gehad het, het die gevaar geloop om nie net ‘n slegte naam te kry nie, maar gestenig te word. Voorhuwelikse seks was doodgewoon ‘n ongehoorde ding in Israel.
Geneem uit skrywe van Chris van Wyk: ( https://truthinmotion.wordpress.com )
Donderdag 4 Mei 2023 Lees: 1 Petr 4:12-19 “Daarom moet dié wat ly omdat God dit wil, hulle lewe toevertrou aan die getroue Skepper, en aanhou goed doen.”
Petrus skryf hierdie brief, nie aan ongelowiges nie, maar aan gelowiges. Veral hulle wat verspreid wonend is, maw ver van Jerusalem af, in die vreemde. Hy skryf dit ook aan my en jou wat glo in Jesus Christus en Hom bely as ons Enigste Verlosser en Saligmaker.
Petrus skryf ook hierdie eerste brief spesifiek aan die christene wat lyding en swaarkry verduur. Lyding is ‘n harde werklikheid vir christene. Die christene in Petrus se tyd het baie vervolging in die oë gestaar maar ook vandag, in hierdie wêreld, want om waarlik christen te wees, vra dat jy nie met die wêreld se losbandigheid en die wêreldse standaarde sal meeleef nie, maar met Christelike waardes soos wat die Bybel dit aan ons openbaar. Dit het dan ware lyding tot gevolg. God wil hê dat ons in die wêreld ook vandag moet leef en ons lig moet laat skyn.
Die wêreldse-, goddelose mense, die heidene vind dit vreemd dat ons nie langer met hulle wil saamleef, soos wat die wêreldse standaarde is nie. 1 Petr 4:4.
Daarom bemoedig Petrus ons in ons lyding en leer hy ons wat ons moet doen as ons lyding ondergaan twv Jesus Christus. Want ons verheerlik, (δοξάζω – doxazō in die griekse taal,) God, deur te leef tot Sy eer en soos wat Hy van ons verwag in die Woord.
Onthou dat selfs ons swaakry is nie buite God se toelatende wil nie. God is Alwetend. God weet dat ons dit in die huidige wêreld sal swaar hê. Om ‘n christen te wees is nie sommer outomaties nie, dit vra toewyding in geloof en vertroue op God.
Petrus noem God hier in vers 19, die getroue Skepper. Dit is die enigste plek in die Nuwe Testament waar God Skepper, (κτιστής – ktistēs – in die griekse taal) genoem word.
Ons moet ons lewens aan ons getroue, (πιστός – pistos in die griekse taal) Skepper, toewy. Getroue God, dui op God wat ons nie net gemaak het nie, maar wat elke dag, elke oomblik van die dag en nag vir ons sorg, ons dra in sy groot liefde en omgee.
Die lyding gaan so erg wees, maar ook God se versorgende hand is so volkome, dat ons lees in Luk 21:17-19 17 “En julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word, maar 18 daar sal selfs nie eens ‘n haar van julle kop af val nie. 19 Deur julle volharding moet julle julleself red.”
Want ons kan ook verseker weet dat daar nie ‘n haar van ons hoof sal val, sonder dat God dit weet nie. Daarom dat Petrus skryf dat ons moet aanhou goed doen. Ons dade moet van liefde getuig en ons moet barmhartigheid aan ons medemens betoon, tot eer en verheerliking van God. Deur goed te doen aan almal, al word ons vervolg of beledig, ly ons tot eer en verheerliking van God. Wat ‘n voorreg en genade om ‘n kind van God te wees en vir Hom te ly. Kom ons bid saam Ds Gerrit Kruger: Gereformeerde Kerk Centurion: Sel 082 964 5595: gskruger1@gmail.com
Geloof in God maak ons opgewonde. Daar is min dinge wat ‘n mens so hart so vrolik maak as wanneer jy weet dat God jou liefhet en deur sy genade as sy Eie kind aanneem. Maar om te glo is nie altyd so maklik nie. Somtyds is daar bykans onmoontlike omstandighede wat lyk of dit ons lewens gaan ruïneer.
So gebeur dit ook net voor die kruisiging dat Jesus die dissipels waarsku dat hulle geloof tot die uiterste getoets gaan word. Al sal ons soos Petrus Hom drie maal verloën, bid Jesus dat ons geloof nie sal ophou nie.