Skriflesing: Esegiël 8 (1983)
Teksvers: Esegiël 11: 22-25

Ons is dikwels vinnig om ander se sonde raak te sien. Esegiël 8 herinner ons dat God eers die geheime kamers van ons eie harte ondersoek. Die tragiese werklikheid is dat dieselfde sonde wat Esegiël ontbloot het, eeue later weer deur Jesus in die Tempel uitgewys word: wanneer eie belange, veiligheid en voortbestaan belangriker word as God se wil. 

Daarom moet ons, voordat ons ander oordeel, vra: Watter afgode koester ek nog in my hart? Ware bekering begin wanneer ons toelaat dat God die donker plekke in ons eie lewe openbaar.