Skriflesing: Psalm 145:1-21
Teksvers: Psalm 145:1,21
- Besing jy elke dag God se grootheid en almag?
- Breek jy elke dag in lofliedere uit tot eer van God?
Dawid breek hier in ‘n loflied uit, ‘n lofprysing, ‘n danklied omdat God God is. Omdat God sy Koning is, sy Vader sy Verlosser. Prof. Faan Denkema sê die volgende: “Die Christelike geloof is nie ‘n lewensbeskouing of ‘n stelsel van waarhede nie. Dit is ook nie die somtotaal van reëls en gebooie of ‘n manier van lewe nie. Geloof is veral, ontmoeting met die lewende Verbondsgod.” Dit begin met persoonlik voor God staan. Dit begin met Wie God is, Wat Hy doen en jou opregte persoonlike reaksie daarop.
Ons gaan na drie sake kyk:
- Prys God as jou God en Koning.
- Prys God as jou God en Vader.
- Prys God as jou God en Verlosser.