Skriflesing: Matteus 18:15-35; Matteus 16:13-20
Teksvers: Matteus 18:15-35
HK : Sondag 31b

As ons die kerk beskou as die huisgesin van God (Ef 2:19; 1 Tim 3:15), dan is God self die Vader. Die kerk as organisasie sou dan ons Moeder wees( Gal 4:26; Lk 8:21). Calvyn het die spreuk van die kerkvader Cypria-nus ontleen: “Wie die kerk nie het as moeder nie, het God nie as vader nie”. In die huisgesin van God moet daar eg-ter soos in elke huis dissipline gehandhaaf word. In die ware kerk van Christus word dit gedoen deur die toepas-sing van die kerklike Tug of die ban (Kerkorde Artikels 70-83). Tug oor leraars en ampsdraers en ook oor lidmate gaan hoofsaaklik oor leer en lewe. Hierdie groot verant-woordelikheid moet egter altyd geskied volgens “die weg/pad van Matteus 18”.
Kom ons bevestig net weer dié weg… en dat onsself aan die gesag van die kerk, dws aan die gesag van Christus onderwerp!

Laai af