Page 218 of 332
Skriflesing: Gal 5:13-25; Klaagl 5:1-21; 1 Joh 5:1-5
Teksvers: Gal 5:16,25; Klaagl 5:21; 1 Joh 5:3
Ons neem bekering nie altyd baie ernstig op nie. Ek is mos ’n Christen wat die Here dien. Hoekom moet ek my bekeer? Is dit nodig dat ek my bekeer? Ten diepste is bekering ’n daad van God. Maar tog ook ’n daadwerklike roeping wat op ons as Christene geplaas word. Ons moet daagliks die oue mens afsterf en as nuwe mens te lewe. Dit is om jou te laat lei deur die Gees. Dit is om goeie werke te doen deur die vrug van die Gees te openbaar in die doen van goeie werke.
Ons gaan na drie sake kyk:
- Die ware bekering.
- Die wese van bekering.
- Die vrugte van bekering.
Skriflesing: Job 3:1-26
Teksvers: Job 3: 20-23
Soms voel dit asof die Here ons bo ons kragte beproef. Dit voel soms te swaar om die laste van die lewe te dra. So het Job ook geworstel met die verskriklikste beproewings wat sy lewenspad met absolute afgryse vervul het. Selfs Job se vrou hits hom aan om God te vloek en te sterf, maar by alles het Job nie teen God gesondig nie.
Ons staan vanoggend stil in ons verootmoediging as ons naspeur oor die rede hoekom daar soms swaar beproewinge oor ons lewenspad kom, by die lewe van die man uit Us wie se naam was Job, met die tema: God se getrouheid is die anker van ons hoop. Amen