Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 219 of 345

Bring hulde aan die Koning

Skriflesing: Matteus 2:1-12 
Teksvers: Matteus 2:2 

‘n Stille wenk uit die sterrehemel lei wyse manne na Betlehem. Daar bring hulle vir die Koning, koninklike geskenke. Hulle geleerdheid en welstand maak hulle nie meerwaardig, as die seuntjie in die stal nie. Nederig buig hulle neer en bring aan Hom kosbare geskenke. Daar vind hulle rus vir hulle siele wat hulle geleerdheid nooit gebring het nie. Geen wonder ter wêreld kan die Wonder van God se genadegawe vervang nie. 

Die Wonder van die genade en liefde van God. Die Wonder dat die Seun van die mens na hierdie aarde kom. Hiermee was die wyse man-ne gelei deur God met ʼn ster, na die Skrifte, tot by die lewende Salig-maker. Voor hulle reis het hulle hulle verstom aan die hemelliggame. Na hulle reis is hulle verbaas en dankbaar dat die hemeldeur self oopgegaan het. 

Ons staan vanaand stil by die tema: Bring hulde aan die Koning. Amen 

Om te gee maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.

 Skriflesing: Hand 20:17-38 
Teksvers: Hand 20:35b 

Is dit nie tog so dat dit lekker is om ‘n geskenk te ontvang nie? Ons gee vir mekaar geskenke met verjaarsdae, met huweliksherdenkings, afskeidsgeskenke, welkom geskenke, kersfeesgeskenke en dikwels sommer net. Jesus Christus self het gesê dat dit beter is om te gee sê Paulus. Ons gaan kyk na wat Jesus hiermee bedoel. 

1 ‘n Oënskynlike teenstrydigheid. 

2 Om te gee is beter! 

3 Hoe het Paulus gegee 

4 Hoekom Paulus die boodskap aan die ouderlinge gee? 

5 God se voorbeeld van gee! 

6 Hoe ons moet gee! 

7 Wat gee ek? 

Rom 12:1,2 “…Gee julle aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” 

« Older posts Newer posts »