Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 13 of 342

Belydenis is Getuienis

Skriflesing: Johannes 1:15-34 (2020)
Teksvers: Johannes 1:32-34
HK: Sondag 8

Die geloofsbelydenis is niks anders nie as ‘n bondige samevatting van alles wat ons as Christene moet glo. Dit sê nie alles van geloof nie, maar dit wat die Skrif in hoofsaak leer en wat nodig is vir ons verlossing. Die vraag ontstaan dan: hoe kom ons by hierdie belydenis en waaroor gaan dit? 

Dit bring ons terug na die Persoon van God. Ons leer Hom ken as een in Wese maar drie in Persone. Dit is wat Johannes sien en getuig as hy Jesus doop by die Jordaan. Hy sien en hy getuig. 

Net so word ons belydenis, ons getuienis dat ons glo. 

Jesus se opstanding lei ’n “duisend jaar” van oorwinning in.

Skriflesing: Openbaring 20 (2020)
Teksvers: Openbaring 20:2

OORWINNING: DIE DRAAK IS VIR 1000jr GEBIND. 

Die verleiding van nasies is verby – die draak is gebind. 
Nou: Verkondig! 

OORWINNING: WEERSTAND TEEN DIE ONHEILIGE ‘DRIEHEID”. 

Die draak vervolg wel gelowiges in die 1000jr. 
Nou: Weerstand met die krag van die Oorwinnaar. 

OORWINNING: STERF IS DIE EERSTE OPSTANDING. 

Die tweede 1000jr (in die hemel). 
Nou: Sterf, maar word lewend en begin regeer. 

OORWINNING: OOK IN DIE KORT TYDJIE. 

Dan: Die draak losgelaat en verlei nasies tot felle oorlog. 
Dan: Die tyd word verkort en die Oorwinnaar tree op. 
Dan: Die oordeel. 
Nou: Inwag! 

Deur geloof word jy gered

Skriflesing: Lukas 17:11-19 (2020)
Teksvers: Lukas 17:18-19
HK: Sondag 7

Tien melaatse manne wag vir die Here by sy aankoms in ‘n dorpie oppad na Jerusalem. Hulle bly op ‘n afstand staan, want daar is streng reëls vir melaatse mense, hulle mag nie te naby kom, dat die siekte aansteek nie. Hulle roep op ‘n afstand nie om gesond gemaak te word nie, maar dat die Here aan hulle genade bewys. 

Op sy woord gaan hulle na die priester wat hulle rein moet verklaar, en word gesond. Maar slegs een man draai om en bring dank aan God. 

Nege manne word rein deur die barmhartigheid van Christus, maar slegs een word rein deur geloof. 

Skuldige gewete?

Skriflesing: Lukas 22 (1983)
Teksvers: Lukas 22:61,62

Dit is Paasfees in Jerusalem en Pilatus was sy hande in sogenaamde onskuld. Hy moet sy gewete tot rus kry. So sien ons menslike mislukte planne om met ons gewetens te werk. En onthou vir Kain… en vele ander. 

Na laas Sondag se prediking oor ‘God wat groter is as ons gewete’, kan ons vandag nog ‘n oomblik stilstaan by die saak van ons gewetes. 

Ons onderskei dan die toegeskroeide en skuldige gewete teenoor ‘n gelowige se gewete, as ‘n gawe van God!

« Older posts Newer posts »