Skriflesing: 2 Korintiërs 4:7-5:10 (1983)
Teksvers: 2 Kor 5:10
HK: Sondag 17

Ons is steeds besig met ons belydenis oor die 12 Artikels. Verlede week het ons besef dat Jesus se hele lewenspad een van helse neerdaling in angs en pyn was, met die Godverlatenheid aan die kruis as dieptepunt. 

In die graf vind ons egter die draaipunt… en dan begin sy pad van opgaan/verheerliking. 

Hy het die dood en daarmee die nutteloosheid van hierdie verganklike bestaan oorwin. Hy gee hoop en uitsig en oorwin ons moedeloosheid. Hy gee ons sekerheid van lewe na die dood.