Kategorie: Psalms (Page 12 of 14)
Skriflesing: Ps 18
Teksvers: Ps 18
1. Die gevare waaruit Dawid verlos is.
2. Die lesse wat Dawid geleer het.
3. Die seëninge wat Dawid geniet het.
4. Die erkenning wat Dawid vir alles gee.
“Met u hulp loop ek ʼn oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.” Ps 18:30
Skriflesing: Psalm 46:1-12 (2 Kon 18,19; 2 Kron 32; Jes 36,37)
Teksvers: Ps 46:2-4,11-12
God was nog altyd ’n toevlug. Dit beteken God was nog altyd dié een na wie toe ons gevlug het, met al ons nood, hartseer en blydskap. Die agtergrond is waarskynlik die verlossing van die stad Jerusalem toe die wrede Assiriërs die stad in die tyd van koning Hiskia wou inneem. Die Assiriërs was ’n baie wrede nasie wat verskriklike dinge gedoen het met die gevangenes en stede wat hulle oorwin het. Vandag het ons ook met ’n verskriklike werklikheid van die Corona-Virus te doen. Die algehele inperking “lock down” waaraan die hele land onderworpe is, met die dreigende siek word van baie mense, is ’n werklikheid. Maar juis in hierdie tyd is ons as Christene nie bang nie want God se genade en liefde is onmeetlik groot.
Ons gaan na drie sake kyk:
- God is ons toevlug en beskerming.
- God is die rede vir groot dankbaarheid en blydskap.
- God is ons God wat altyd geëer word.
Skriflesing: Psalm 104 1 Joh 2:28-3:10
Teksvers: Psalm 104 (in geheel) en 1 Joh 3:1
HK: Sondag 9
Die Psalmdigter is bly oor die skeppingswerk van God en hy loof God daaroor. God het self alles in ‘n groot verskeidenheid en met wysheid geskape. Hy self hou dit alles met sy majesteit en Vaderlike hand in stand. Deur God en in God is alles en leef alles. Sonder God kan niks bestaan nie. Geen skepsel kan op sy eie bestaan, deur sy eie krag nie. Daarom begin ons ook die belydenis van ons geloof deur te bely: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde.
Ons gaan oor drie sake handel:
1) Ons glo dat God ons Vader is.
2) Ons vertrou dat Hy ons volkome onderhou en regeer.
3) Alles gebeur tot ons beswil op aarde.
Skriflesing: Psalm 127
Ons hoor dikwels dat mense sê: Ek het hard gewerk vir my geld!..
Daarom verdien ek ’n nuwe kar, ’n mooi huis, ’n luukse vakansie, ’n goeie inkomste, daarom het ek die reg op ’n goeie lewe. Die Pelgrims is op pad na Jerusalem of binne in Jerusalem en hulle besing die Verbondsgod se genade en sy seëninge wat op sy volk rus. Elkeen wat in afhanklikheid van God leef, verkry die seëninge van God op verskillende maniere.
Ons gaan na drie sake kyk:
- God bou met sy seënende hand.
- God beskerm met sy seënende hand.
- God beskik ’n geseënde lewe.
Skriflesing: Psalm 150
Teks: Psalm 150:6