Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 54 of 66)

Jou lewe as graanoffer, as alles wat jy het deel

Skriflesing: Levitikus 2
Teksvers: Levitikus 2 (Fokus 2:3)

Die brandoffer waartydens alles op die altaarvuur verbrand is, was die teken van volle oorgawe aan die Here ons God en daarmee is verwys na ons gehoorsaamheid aan die eerste tafel van die wet.

Die graanoffer is ‘n deel-offer. Jy deel van jou beste gawes met die priesters wat in die tabernakel of tempel gewerk het. Dit verwys meer na die gehoorsaamheid aan die liefde vir die naaste, volgens die tweede tafel van die wet van God.

Die resep vir die graanoffers is egter in sy besonderhede ook weer ‘n teken van die beste wat jy vir die Here gee en so is alles wat jy vir jou naaste doen eintlik maar net iets wat jy vir die Here doen. So is die twee tafels van die wet eintlik een! (Matt 22)

Laai af

God toets jou onvoorwaardelike en volkome oorgawe en diens aan Hom

Skriflesing: Deut 13; Op 13
Teksvers: Deut 13:1-4; Op 13:8

In Deuteronomium 13 waarsku die Here teen mense wat beweer dat hulle sogenaamde profete is wat die wil van die Here kan openbaar en selfs drome kan uitlê. Hulle sal na die gelowiges toe kom en vir hulle vertel van tekens of wonders wat die Here vir hulle gegee het om te openbaar. Hierdie mense kan volgens Openbaring 13 selfs met mag en krag optree dat hulle werklik geloofwaardig ly. Van hulle voorspellings, tekens en wonders kan selfs werklik gebeur. Die toets of die mense wel van die Here is, sal wees in dit wat hulle vir jou vertel. Sodra so ‘n persoon vir jou egter sou sê: “Kom ons gaan dien ander gode al het jy hulle nie vroeër geken nie, al het ons hulle nie vroeër gedien nie, moet jy nie na hom luister nie.” Die Here jou God is dan besig om jou op die proef te stel om vas te stel of jy Hom werklik liefhet met jou hele hart en siel en met al jou krag. Die Heilige Gees sal elkeen wat in Jesus Christus glo (die uitverkorenes), lei om hierdie amper geloofwaardige dwalings in die Naam van die Here te kan teenstaan.

Mag jy net die Here alleen ken, dien en aanhang elke dag.

Laai af

Jou lewe as brandoffer, ‘n lieflike geur vir die Here!

(Last updated on Desember 8th, 2019)

Skriflesing: Levitikus 1; Matt 22:36,37; Efes 5:1,2 (OAV)
Teksvers: Levitikus 1:9b

Op hierdie dag waar ons die Here ernstig sal bid vir reën in ons land, is dit weer uiters nodig dat ons ons opnuut sal toewy aan die grote God en Here van ons verlossing.

Nadat God sy volk wonderbaarlik uit die slawerny van Egipte verlos het, roep Hy hulle op tot toegewyde godsdiens. Hy roep eerste (Lev 1:1). Hy is nie soos die heidense afgode wat wag om te kyk of sy onderdane Hom aanbid om so die ‘gode’ se guns te wen nie. Hulle is sy gunsgenote! Hy leer hulle selfs hoe die offers lyk waarvan Hy hou en wat vir Hom aanneemlik is.

So roep ook die apostel Paulus in Rom 12:1 –

“Gee julleself (lett: julle liggame) aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”. (Vgl ook Ef 5:1,2)

Laai af

‘n Gruwelike ontvoering!

Skriflesing: Rigters 21 (Geheel Rigters 19-21)
Teksvers: Rigters 21:21

Vir seker is hierdie drie hoofstukke (19-21) die aakligste deel van die verhale van die hele Skrif. Dit lees nie lekker. Dit het geen les om te leer nie. Daar is geen korrektief nie. Net ’n aaklige verhaal van misbruik en ongehoorsaamheid en moord en roof. Mense-roof nogal!

In aansluiting met die praatjie van Fiona Botha vanaand oor mensehandel en -roof (Human Trafficking) gaan ons kyk na die mense-roof om die arme Benjaminiete van ondergang te red. Hulle verweer is seker maar: die doel heilig die middele.

Ongelukkig gaan jy daarmee nie voor die heilige God en hemelse Koning wegkom nie. (Kyk ook Amos 1:6,7 vgl met 2 Kron 28:18)

Laai af

Wysheid van God teenoor die dwaasheid van die mens ‘n Wyse vrou en ‘n dwase man

Skriflesing: 1 Sam 25:1-22
Teksvers: 1 Sam 25:3, 26, 32, 33, 39

Wanneer ons dikwels dom en dwaas optree, en wanneer ons nie God se wil in ons lewens laat seëvier nie, dan tree God soms op ‘n drastiese manier in om ons wil te verander. God het gesien dat Dawid dwaas wou optree om reg in eie hande te neem en te vergeld omdat hy as Dawid veronreg gevoel het. “…My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here;…” Heb 10:30. God het daarom ‘n wyse en dapper vrou wat reg en geregtigheid geken het maar ook die dwaasheid geken het, gestuur om Dawid te stop. God het ‘n vrou in sy wysheid gebruik om die dwaasheid van ‘n man te verander. Ons gaan na drie sake kyk:

  • God gee wysheid aan Abigail.
  • God gee nederigheid aan Abigail.
  • God gee uitkoms aan Abigail.

Laai af

Die waarheid en niks minder as die waarheid

Skriflesing: 2 Samuel 18
Teksvers: 2 Samuel 18:19-33

Die verhaal van Agimaäs en die Ethiopiër (Kusiet) is ‘n nogal ietwat moeilike verhaal om vas te vang en te verstaan. Miskien moet ons meer konsentreer op die ander figuur in hierdie verhaal om daaruit te leer wat God vir ons wil sê. Of… dalk het beide Agimaäs en Dawid presies dieselfde tipe probleem en dan word dit dalk makliker om die waarheid van hierdie deel van die Bybel te verstaan. Immers, gaan die Bybel heel eerste oor dit wat ons van God kan leer ken en bely! Lees dus gerus die gedeelte behoorlik deur en probeer bepaal wat die werklike verskil was tussen die twee boodskappers. En as ons dit kan begryp kan ons dit ook gemaklik toepas op die prediking tydens die doop en opvoeding van die kinders in ons gemeente. Dit lyk tog wel of Dawid juis daarin (sy opvoedingstaak) so ietwat ernstig gegly het.

Laai af

« Older posts Newer posts »