Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 46 of 66)

God se getrouheid is die anker van ons hoop

Skriflesing: Job 3:1-26
Teksvers: Job 3: 20-23

Soms voel dit asof die Here ons bo ons kragte beproef. Dit voel soms te swaar om die laste van die lewe te dra. So het Job ook geworstel met die verskriklikste beproewings wat sy lewenspad met absolute afgryse vervul het. Selfs Job se vrou hits hom aan om God te vloek en te sterf, maar by alles het Job nie teen God gesondig nie.

Ons staan vanoggend stil in ons verootmoediging as ons naspeur oor die rede hoekom daar soms swaar beproewinge oor ons lewenspad kom, by die lewe van die man uit Us wie se naam was Job, met die tema: God se getrouheid is die anker van ons hoop. Amen

Laai af

Ons krag is by die Here wat Almagtig is! Klipdassies, het min krag, maar hulle bly teen kranse

Skriflesing: Spreuke 30:24-28
Teksvers: Spreuke 30:25; 2 Kor 12:10; Open 3:8

Ons meet dikwels die kerk se sukses in getalle, mag, gesag en impak in die wêreld. Ons hunker na gesag en mag om die evangelie uit te dra en om ons lewens te vergemaklik. Ons wil graag met krag en mag en gesag lewe en werk. Maar ons lees van ‘n klein dassie, met min krag en met min gesag wat uitermate wysheid het omdat hulle juis lewe soos wat God hulle geskape het. Daarom is die kerngedagte juis dat ons krag is by die Here, ons Rots. Ons het wel min krag, maar God is ALMAGTIG. Ons gaan na drie sake kyk:

Dassies het buitengewone wysheid met betrekking tot:

  • Blyplekke.
  • Beskermingsmetodes.
  • Oorlewing.

Laai af

Verbittering vervreem jou identiteit

Skriflesing: Rut 1:1-22
Teksvers: Rut 1: 13b,16 en 20-21

Soms kan ons deur woede en verbittering onsself van al ons bekendes en geliefdes vervreem. Dit gebeur baie keer as ons verkeerde besluite geneem het, of as buitengewone omstandighede veroorsaak dat ons kosbare dinge moet prysgee.

Ons staan vanoggend stil by die lewe van Rut en Naomi, waar ons duidelik sien hoe Naomi se verbittering haar identiteit vervreem sodat sy nie meer Naomi, die lieflike wil wees nie, maar Mara, die verbitterde.

Laai af

Miere is met buitengewone wysheid of instink geskape

Skriflesing: Spreuke 6:1-11; Spreuke 30:24-28
Teksvers: Spreuke 30:24-25

Die volgende vier Sondae wat ek preek, gaan dit DV ‘n kort reeks van vier preke wees, oor vier baie klein diertjies met een eienskap in gemeen: “Hulle behaal sukses.” (Van Rensburg.1993:937)

Die gedagte van die preke kom van vier preke van wyle ds. HM Grobler. (Grobler HM 1999:1-6)

In ons Skrifgedeelte gaan dit oor miere, dassies, sprinkane en geitjies. Almal klein diertjies waarvan die mier die kleinste is. Nogtans kan die mens baie by hierdie insekkie van God leer. Dit leer aan ons om ywerig en vlytig en fluks en pligsgetrou, op die regte tyd, hard te werk. Dit gaan nie in die lewe oor hoe groot en slim en sterk en ryk jy is nie, maar oor getroue harde werk.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • Die verkryging van buitengewone wysheid.
  • Die aanwending van buitengewone wysheid.
  • Die gevolge van buitengewone wysheid.

Laai af

As die lewenspad vir ons te lank word, moet ons by die Here skuil

(Last updated on Augustus 17th, 2020)

Skriflesing: 1 Konings 19:1-19; Jakobus 5:17-18
Teksvers: 1 Konings 19:3-4

Soms kan die lewe net een te veel word… Soms voel dit asof ‘n mens net nie een tree verder kan gee nie. En dit is nie omdat jy nie weet wat God se beloftes is nie, dit is omdat jy net so moeg en uitgeput is dat jy nie verder kan nie, nie verder wil nie. Alles het net te veel geword…

Soms voel dit of ‘n mens net wil weghardloop van al die sorge en probleme van die lewe. Maar waarheen sal ‘n mens vlug? Elia het die woestyn in gevlug en daar onder ‘n bossie gaan lê en gewens om te sterf.

Maar niemand kan vir die HERE wegkruip nie. Dit is die tema waarby ons vanoggend wil stilstaan: as die lewenspad vir ons te lank word, moet ons by die Here skuil. Ons kyk na die lewe van die profeet Elia, ‘n mens net soos ons, daar onder die besembos ‘n dagreis ver die woestyn in…

Laai af

« Older posts Newer posts »