Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 2 of 65)

Die mens na God se hart

Skriflesing: Jesaja 66 (1983)
Teksvers: Jes 66:1,2

Ons kan nie na die Here toe gaan net soos ons is nie. Ons kan nie aan die nagmaal kom net soos ons wil nie. Die teks spreek ons gesindheid aan indien ons tot die Here wil nader. 

As ons met ons selfondersoek ons reg voorberei en met ‘n bekeerde hart kom deelneem aan sy tafel, sal ons daarvan ook nie weggaan as dieselfde mens nie. 

Kom ons dien en aanbid en die God van ons verlossing volgens sý terme, sodat Hy in alles verheerlik word… 

‘want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge!’ 

Omdat die Here lief het, bring Hy hoogmoed tot ‘n val

Skriflesing: Obadja 1 (2020)
Teksvers: Obadja 1:4

Aanvanklik het die Here vir Israel gestraf, omdat hulle aan die Here ongehoorsaam was. Toe hulle egter in ballingskap weggevoer was en probeer vlug het, het die Edomiete teen die Israeliete opgetree. Volgens Jeremia 49:9-16 het die Edomiete-hulle (Esau se nageslag) teen hulle broers (Jakob se nageslag) opgetree. Die tragiek van ‘n “broer-se-nageslag” teen ‘n ander “broer-se-nageslag” word hier uitgelig. 

Die Edomiete woon hoog en veilig in hulle vesting en voel onaantasbaar, maar die Here kom en straf die nageslag van Esau omdat hulle teen die Here se volk geveg het, hulle doodgemaak het en vervolg het. Die Edomiete het in hoogmoed hulleself as onaantasbaar beskou. 

Die Here maak die mense wat in hoogmoed en selfvoldaanheid lewe, nederig. 

Beantwoord geloofs-flouheid met gegronde kennis van die Here

Skriflesing: Jesaja 40:12-31 (2020)
Teksvers: Jesaja 40:28

Let fyn op vir tekens van geloofs-flouheid. 

Die geloofs-flouheid waarvan ons in Jesaja 40 hoor (vgl. v.27), kan in verskillende vorme by gelowiges voorkom. Voorbeelde: verslaenheid, verwardheid, moegheid en opstandigheid. 

Gegronde kennis van die Here is ʼn vereiste. 

Israel word tot gegronde kennis gelei (vgl. v.28). Die Verbondsgod het “eeue-uitsig”; werk met onbeperkte afstande; word nie moeg nie en sy insig kan nie deurgrond word nie. 

Vertrou Hom. Hy gee hoop én krag. 

Met kennis van die Here kan ek vol verwagting op Hom bly hoop. Wie op Hom wag, sal in die wagtyd voortdurend nuwe krag kry (vgl. v. 29-31). 

« Older posts Newer posts »