Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 18 of 69)

Terme en Voorwaardes geld

Skriflesing: Genesis 21:22 – 22:19 (2020)
Teksvers: Genesis 21: 22: 16-8
HK: Sondag 37

In Genesis 21 en 22 sien ons Abraham in die middelpunt van moeilike omstandighede. Eers die kwessie van Ismael wat vir Isak spot en Sara wat Hagar laat wegjaag. Dan die twis oor ‘n waterput tussen die veewagters van koning Abimeleg en Abraham. Meer nog die beproewing van God wat Abraham stuur om Isak op Moria te offer. 

Telkens sien ons hoe daar ‘n belofte gemaak word, ‘n eed word afgelê, daar word gesweer. Ons staan vanaand stil by die tema: terme en voorwaardes geld. 

God se beloftes: Vir Israel/die Jode? Vir ons?

Skriflesing: Esegiël 37:15-28 (2020)
Teksvers: Esegiël 37:26-28

  • God gee beloftes aan sy volk in ballingskap.
  • Geld dit vandag vir ons of ook vir Israel/die Jode.
  • Die profeet praat met die mense in die Babiloniese ballingskap, na die verwoesting van Jerusalem en die tempel.
  • Vervulling met terugkeer, herbou van die tempel.
  • Besondere vervulling in Christus.
  • Een of meer paaie tot verlossing?
  • “Niemand kom na die Vader sonder My nie”
  • Vir ons belofte van God se nabyheid, kan God altyd en oral aanbid word.
  • Israel en die Jode het vandag steeds nie verlossing buite Christus nie.

God se Naam is heilig en moet altyd met eerbied gebruik word!

Skriflesing: Fil 2:5-11
Teksvers: Fil 2:9-11; Spr 22:1a
HK: Sondag 36

Het jy ’n familienaam of net ’n mooi naam, ’n beskrywende naam? 

  • Is jy trots op jou naam?
  • Wat is in ’n naam? 

Is ’n naam so belangrik? 

Spr 22:1 

“’n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud.” 

Maar…Vir ons as christene, as kinders van God, as belydende gelowiges, kan daar niks beter en groter wees nie as… 

Om God se Naam reg te gebruik nie! 

Wat dink jy van My?

Skriflesing: Psalm 50; Joh 17 
Teksvers: Psalm 50:21(14+23), Joh 17:17 
HK: Sondag 35 

In Sondag 35 bely ons eerlik dat ons “God op geen enkele manier mag afbeeld nie“. Die eenvoudige rede is eintlik dat geen maar géén beeld Hom as God ooit KAN omvat of kan uitbeeld nie. 

Terwyl ons dus nie eintlik baie fisieke beelde van God rondom ons ken (soos bv Boeddhabeelde in Thailand) nie, moet onsself dalk op ‘n ander vlak ondersoek. 

Watter beelde is daar van God in jou kop? 

Die HERE ons God is Heilig

Skriflesing: Habakuk 1:12-3:19
Teksvers: Habakuk 2: 20
HK: Sondag 34

Habakuk worstel met die gedagte dat God toelaat dat die Chaldeërs wegkom met moord. Op sy wagtoring gaan sit hy, en dan antwoord die Almagtige dat hy geduldig moet wees om te sien wat gaan gebeur.
Nadat al die sondes en onreg aangewys is, bid die profeet ‘n hartroerende gebed van God se redding. Dan erken hy wat gebeur het die oomblik toe God teenwoordig is.
Ons besef nie elke dag Wie God is nie. Ons raak so gewoond aan ons rituele en gebruike. Habakuk herinner ons die Almagtige God wat ons aanbid is Heilig.

Droefheid bring bekering wat tot redding lei!

Skriflesing: 2 Kon 5:1-6:7; 2 Kor 7:6-13
Teksvers: 2 Kon 5:11,12,14,16, 18; 2 Kor 7:9-10
HK: Sondag 33

God vra ware bekering. Dit is die afsterwing van die ou sondaar mens en die opstanding van die nuwe mens in Jesus Christus. En as jy ’n nuwe mens is, wil jy goeie werke doen wat uit ’n ware geloof, volgens die wet van God tot sy eer gedoen word. 

Ons moet altyd minder word, ons eie trots aflê en buig voor God se Woord. Naäman het gedink, omdat hy so belangrik is sou sy gesond-word, met groot vertoon plaasvind. Die profeet Elisa moes met groot vertoon hom gesond maak en dan sou hy Elisa baie goed beloon en betaal vir wat gedoen is. Maar Naäman het God se werking nog nie verstaan nie. 

God gebruik dikwels onopvallende metodes, maar God moet altyd die eer kry vir die wonderwerke. Dit kan net gebeur as jy as sondaar deur die bekering gelei word deur die Heilige Gees, as jy opstaan as ’n nuwe mens en dan goeie werke doen uit dankbaarheid tot eer van God. 

« Older posts Newer posts »