Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 13 of 66)

Geloofsdissipline van die nuwe mens       in Christus (1): Tyd om die Here te ken

Skriflesing: Eksodus 33:11-17; Joh 17:1-2; Matteus 25:1-13 (1983)
Teksvers: Eksodus 33:12,13,17

In die laaste kwartaal van hierdie jaar, onder die hooftema – Die Nuwe Mens – gee ons nou aandag daaraan hoe ons godsdienstige lewe moet wees vir gesonde groei en geloofsvolharding. 

Vandag dink ons na oor die belang van stil-wees of stil-raak om die teenwoordigheid van die Here te soek. 

In die dolle gejaag van die alledaagse lewe het ons dikwels nie tyd vir stil-sit of stil-raak nie. Dalk kort ons ook hier so bietjie vernuwing of bekering. 

Deur God se genade het gelowiges ware rykdom om te gee

Skriflesing: 1 Petrus 1:1-12; Gen 46:26-47:12 (2020) 
Teksvers: Gen. 47:7, 10 

Was die ontmoeting tussen Farao en Jakob ‘n onbenullige gebeure? 

Gelowiges lyk dikwels so waardeloos. 

Hoe waardeloos lyk Jakob nie? Let egter op die seën wat Jakob uitspreek. 

Juis in hom wat die seën uitspreek, skitter God se genade. 

Hy, die “seëndief“, spreek die seën uit en helder skitter God se genade! 

God se genade lei tot meer rykdom om uit te deel. 

Die “seëndief” het nie ‘n “seëndief” gebly nie. God het hom verander! 

Wees Heilig!

Skriflesing: Levitikus 19:1-18 (2020)
Teksvers: Levitikus 19:2

Wees heilig! Hierdie opdrag word reeds aan die volk Israel gegee by die berg Sinai in die woestyn waar die HERE self vir Hom hierdie volk afsonder. Hierdie volk moenie soos die ander volke wees nie. 

Die HERE is nie soos ander gode nie, en daarom mag sy volk ook nie soos ander volke wees nie. Omdat die HERE heilig is, daarom moet elkeen wat aan Hom behoort ook heilig wees. 

Ons staan vanaand stil in die heilsorde by die wyse waarop ons self afgesonder word tot heil. 

Regverdiglik Vrygespreek

Skriflesing: Jona 3:10-4:11; Romeine 3:1-31 (2020)
Teksvers: Jona 4:1-3; Romeine 3: 23-24

Ons het gesien die werk van God in ons verlossing is nie net uitsonderlik nie, maar ook uiters noodsaaklik. Hy is die Een wat ons roep, wat deur die Heilige Gees die geloof in ons wek tot ‘n nuwe lewe deur wedergeboorte. Daarby moet ons deur geloof vasgryp aan God se genade en ons hartgrondig bekeer. Deur geloof, word ons vrygespreek. 

Ons kyk vanaand na die betekenis van vryspraak, of regverdiging van die sonde in die lewe van Jona en die groot stad Nineve en die wyse waarop ons deel kry aan die geregtigheid van God. 

Die Almagtige is in beheer!

Skriflesing: Esegiël 1:1‑2:3 (1983)
Teksvers: Esegiël 1:28

In Israel dreig daar nou ‘n volskaalse oorlog. Na Hamas in Gaza is dit nou moontlik ‘n geveg met Hezbollah in die Noorde en daarby die aanslag van Iran en sy vennote. 

Nie net in die Midde-Ooste nie maar elders in die wêreld dreig grootskaalse oorloë wat mense en lande in gevaar stel. Dit lyk alweer asof die mens kop verloor het. 

In ‘n soortgelyke wêreld in die tyd van Esegiël kom die Here en verskyn Hy is sy misterieuse heerlikheid sodat ten minste die profeet met sekerheid weet dat God in beheer is en dit so aan sy volk kan oordra. 

Dit moet ons ook troos in ‘n tyd van geestelike verval en politieke wanorde. 

« Older posts Newer posts »