Skriflesing: Romeine 8, Open 21 en 1 Kor. 2:9
Teksverse: Rom. 8:18
Kategorie: Nuwe Testament (Page 18 of 126)
Skriflesing: Lukas 8:26-39 (2020)
Teksvers: Lukas 8:39
Hoe verklaar ons die “oorwinning” van die bose in hierdie wêreld?
Kyk die Bose se “oorwinning” in die oë.
Die Bose se “oorwinning“: die mense stuur die Verlosser weg.
Jesus stuur:
- ‘n gewone, ongewone mens.
Die verloste is nou ‘n ongewone mens. - Die man na ‘n gewone, ongewone huis.
Hy leef nie meer in die sfeer van die dood nie. Maar wat van hulle wat Jesus weggestuur het? - die man met ‘n gewone, ongewone woord.
Die man se verkondiging is geen wanhoopspoging nie.
Skriflesing: Matteus 20:1-16 (1983)
Teksvers: Matteus 20:14,15
“If the world could be saved by good bookkeeping, it would be saved by Moses, not by Jesus” (Philip Yansey, 1997).
As God moes boekhou van ons sonde om ons daarvolgens te beloon, sou ons die oordeelsdag moes vrees. Nou vrees (eer) ons God in blymoedige dankbaarheid omdat Hy, wat syfers en wiskunde ontwerp en in die natuur se wetmatighede ingeskape het, NIE SELF ‘n slaaf daarvan is nie! Dit is immers nie die rykes wat eerste in die koninkryk ingaan nie, en nie die sterkstes wat die oorwinning behaal nie.
Alles net genade onbeskryflik groot!
Skriflesing: 2 Petrus 1:1-21 (2020)
Teksvers: 2 Petrus 1: 5-9
Ons sluit vandag af met die prediking aangaande die Dordtse Leerreëls. In hierdie laaste kanon vind ons die diepe troos van die volharding van die gelowiges, dat hulle nie uit die genade van God kan val nie.
Soms gebeur dit egter dat ‘n gelowige kind van die HERE, soos die verlore seun, baie ver van sy Vader leef. Daarom kom die oproep, om eerder jou inwoning in die huis te verseker en te bevestig. Moenie tevrede wees met die minste nie. Lê jouself toe om met alle ywer (spoed en inspanning) om jou geloof te laat groei. Om God te ken en self uit sy liefde te leef.
Daarvoor is die Nagmaal ‘n hulpmiddel, ‘n versterking van geloof. Maak dan jou roeping en verkiesing vas.
Skriflesing: Filippense 1 (1983)
Teksvers: Filippense 1:6
DL Hfst 5
Daar is baie dinge wat ons blydskap steel. Een is twyfel. Twyfel aan jouself. Aan die Woord. Aan God!
Ons twyfel maklik en dan bekruip die moedeloosheid en swartgalligheid ons soms sommer helder oordag. Dit is waarskynlik daaraan te wyte dat ons so maklik tou opgooi. As dinge bietjie swaar word, as ons begin sukkel, nou-ja dan staak ons sommer en gooi tou op.
Ons gees doen nogal dieselfde soort ding as dit by geloof in God kom.
Ons vergelyk God eintlik met onsself! En daarin vind Paulus die verskil: God is nie soos ‘n mens, soos ons nie! Hy gooi nie sommer net handdoek in nie. Nie dat ons dit vir Hom eintlik maklik maak nie.
Skriflesing: Joh 21:1-25 (1953)
Teksvers: Joh 21:15
In ons skrifgedeelte lees ons hoe Jesus drie maal vir Petrus vra: Het jy My waarlik lief? Telkens as Petrus antwoord, kry hy ook ’n opdrag i.v.m. Jesus se kudde. Die eerste is: ‘Laat My Lammers wei.’
In vanaand se prediking wil ons hierdie Bybelse opdrag behandel aan die hand van die volgende punte:
1. Wie moet die lammers laat wei?
2. Hoe moet ons hulle laat wei?
3. Wat motiveer ons om hulle te laat wei?