Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Openbaring (Page 8 of 10)

CHRISTEN: Jou erenaam?

Skriflesing: Hand 11; Ps 133; Matt 5:13-16
Teksvers: Hand 11:26b; Op 3:12
HK: Sondag 12

Het jy dalk ook ‘n bynaam? Soos ou Bakkies…. die ou met die groot bakore… of Oom Piet-14dae, die oom wat so lank kan bid… Wel ek gaan nou nie vertel wat my bynaam op skool was nie, maar is seker sommige ouens het maar byname vir die dominees uitgedink of selfs uitgespreek.

Sommige byname is egter spot-name en ander is weer ere-name vir erkenning en respek. Die naam CHRISTEN is egter in alle opsigte bedoel as ‘n erenaam! En dit sê ek net omdat hierdie naam my en jou aan Jesus Christus verbind.

En as jy nou mooi diep daarna kyk, dan is dit omdat Hy Homself van ewigheid af aan jou en my verbind het. Hy is bereid om sy Naam op jou en my te skryf! Hom met my te vereenselwig?

EN jy? Wil jy jouself met Hom vereenselwig??

Laai af

Geseënd is elkeen wat genooi is na die Bruilof van die Lam

Skriflesing: Op 19
Teksvers: Op 19: 7,8

Geliefdes van ons Here Jesus Christus, ons sit almal vanoggend met ons keel in ons hart vasgekluister in ons huise dat ons êrens heen mag gaan nie. Die regering het ingegryp en die hele samelewing tot stilstand gebring uit vrees dat mense mag siek word en sterf. Ons ervaar iets van die verskrikking van ‘n oordeelsaankondiging.

En tog, met al hierdie onsekerheid en verskrikking, is daar vir ons as gelowiges ‘n diep en wonderlike troos soos ons dit sing in Psalm 48:5: die dogters van Juda sing met blydskap oor die oordeel van God wat hulle bevry.

Hier in Openbaring 19, sien ons ook God se oordeel oor die stad Babilon wat as ʼn sinnebeeld van die wêreld se sonde voorgestel word… Maar daarin ook die wonderlike verlossing! Geseënd is elkeen wat genooi is na die bruilof van die Lam! Amen

Laai af

Armageddon…!

Skriflesing: Op 16:1-21
Teksvers: Op 16:15 en 16

Har Meggidon, die berg Megiddo, dit is waarna die woord Armageddon verwys, dit is die plek waar die bose magte van die wêreld vir ‘n laaste aanslag en opstand bymekaar kom en finaal verslaan sal word.

Hierdie woord is baie bekend en ons gebruik dit baie maklik as die verwysing na die finale oordeel wat sal kom. Tog besef ons nie altyd die werklikheid van hierdie vreeslike gebeurtenis nie.

Ons staan vanoggend stil by die 3de saligspreking van die boek Openbaring: Armageddon!

Laai af

Goeie werke het ewigheidswaarde!

Skriflesing: Op 14:1-13
Teksvers: Op 14:12 en 13

God wys aan ons in die Openbaringsboek by wyse van simboliese taal en beelde hoe die toekoms van die kerk en die wêreld lyk tussen die koms en die wederkoms van ons Here Jesus Christus. Ons kyk die toekoms in en sien hoe lyk die hemel en die hel. En dit is skrikwekkend! Met ‘n volheidsgetal van 7 sien ons hoe die toekoms afspeel met die 7 kandelaars (visitasie) die 7 seëls, die 7 weë, die sewe basuine en eindelik ook die 7 skale.

Hiertussen verweef is 7 saligsprekinge. Die eerste het ons reeds met die openingswoorde gehoor. Vandag staan ons stil by die tweede met die tema: Goeie werke het ewigheidswaarde!

Laai af

HEILIG, HEILIG, HEILIG is die HERE ONSE GOD!

Skriflesing: Op 4; Esegiël 1 en Jer 23:23
Teksvers: Op 4:8b en 11

Hoe lyk die Here? Kan ons Hom sien. Miskien moet ons maar tevrede bly met die beskrywing van Johannes, wat die Here op aarde gesien het, toe hy sy dissipel was en daarna Hom wéér gesien het as die Verheerlikte, die Seun van die mens! Hy gee bepaalde beskrywinge van Jesus en van God die Vader! (Op 1, 4 en 5)

Miskien is Hy werklik so groot dat ons Hom nie (lees: nooit) anders kan sien as in die simboliek waarmee Johannes Hom vir ons beskrywe nie. Want geen mens kan God sien en bly lewe nie! Miskien word sy grootheid (én sy grootsheid) op dié manier beskrywe sodat ons op die regte manier teenoor Hom reageer en optree…

Laai af

Christus heilig ons deur Sy bloed tot ‘n koninklike priesterdom

Nagmaal


Skriflesing: Op 1:1-20
Teksvers: Op 1: 4-6

‘n Mens is nooit te oud om vir die Here diensbaar te wees nie. Johannes is oor die 90 jaar, en kry die opdrag, as ‘n gevangene op ‘n eiland om aan die kerk oor al die eeue God se Raadsplan bekend te maak. Hierdie openbaring van ons Here Jesus Christus laat Johannes verskrik en verwonderd. Hy word versterk en bemoedig oor die toekoms wat God vir ons beplan.

Vervolgens staan ons stil by drie hoofgedagtes:

  1. Jesus Christus as Alfa en Omega
  2. Die kerk as Kandelaar
  3. Ons heiliging as ‘n koninklike priesterdom

Laai af

 

« Older posts Newer posts »