Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Johannes (Page 3 of 14)

Heilsorde(3): Die wedergeboorte

(Last updated on Augustus 5th, 2024)

Skriflesing: Johannes 3:1-10; Rom 3:10-12; Joh 7:45-52; Joh 19:38-42 (Nikodemus) (1983)
Teksvers: Johannes 3:3

Miskien moet u weer dink oor die teks en dan eerlik vra of dit ‘n opdrag (imperatief), maw dat dit iets is wat jy moet doen… 

of 

…is dit net ‘n absolute waarheid waardeur jy moet kennis neem dat jy eintlik BAIE diep verlore is/was as daar geen die bo-natuurlike ingrype van God in jou lewe sou wees nie!! 

Jesus onderstreep in hierdie antwoord aan Nikodemus ons ONMAG as sondaars en daarteenoor Sy ALMAGTIGE vermoë om sondaars uit hul ellende te red. 

(Kyk elders in ons nuusbrief vir meer inligting oor die Heilsorde) 

Jesus kom veg vir ons teen die dood

Skriflesing: Johannes 11
Teks: Joh 11:25,26,35,38

Hierdie teks wat ek tydens begrafnis van Tannie Toy vd Berg gepreek het is op versoek vanaand vir hele gemeente ter tafel.
Mag die vrees vir die dood bedaar as ons in die opwekking van Lasarus sien hoe naby hierdie lewe en die lewe na die dood eintlik by mekaar is.

Wat dink jy van My?

Skriflesing: Psalm 50; Joh 17 
Teksvers: Psalm 50:21(14+23), Joh 17:17 
HK: Sondag 35 

In Sondag 35 bely ons eerlik dat ons “God op geen enkele manier mag afbeeld nie“. Die eenvoudige rede is eintlik dat geen maar géén beeld Hom as God ooit KAN omvat of kan uitbeeld nie. 

Terwyl ons dus nie eintlik baie fisieke beelde van God rondom ons ken (soos bv Boeddhabeelde in Thailand) nie, moet onsself dalk op ‘n ander vlak ondersoek. 

Watter beelde is daar van God in jou kop? 

Die Sleutel wat oopsluit

Skriflesing: Jesaja 22:15-25; Open 3:7-13; Joh 17:1-26
Teksvers: Jes 22:22-25; Open 3:7,8; Joh 14:6; 17:17b
HK: Sondag 31

Almal ken sleutels. Sleutels wat oop en toesluit. Belangrike plekke het gewoonlik “’n sleuteldraer”, iemand wat besluit wanneer ’n deur oopgesluit en wanneer die deur toegesluit moet word. Spesiale plekke het daarom sekuriteit en goeie deure en slotte om dit te beskerm en daarom moet die sleuteldraer spesiale sorg aan die dag lê, vir wie en wanneer en hoe hy oop en toesluit. 

  • Eljakim kry die sleutel om te dra. Jes 22:20-22
  • Jesus Christus is die sleutel na die hemel. Open 3:7
  • Die Woord sluit vir ons die ewige lewe oop. Joh 17:17b 

Eniggebore, vir ons, uit God gebore

Skrifgedeelte: Johannes 1:1-14
Teksverse: Johannes 1:12,13

Wanneer ons dink aan die geboorte van Christus, is dit veral die maagdelike geboorte wat ons opval. Met kersfees wil ons graag hierdie besondere gebeurtenis gedenk. Jesus Christus se menswording. Dit is egter nie die enigste wyse waarop Christus voortgebring is nie. Hy is die Eniggebore Seun, uit God gegenereer, soos beskryf in Psalm 2. Daarby word elkeen beskryf wat deur Christus erfgename word van die ewige lewe as uit God gebore.

Soos die slang verhoog is in die woestyn 

Skriflesing: Numeri 21:1-10, Johannes 3:1-21(2020)
Teksvers: Johannes 3 Vers 13-15
HK: Sondag 18

Nie net staan ons Here Jesus op uit die dood om daarmee die dood en die mag van die Satan volkome te verbreek nie. (HK So 17) Hy vaar ook op na die hemel. 

Elke jaar vier ons die hemelvaart op die 40ste dag na die Paasfees. Wat beteken hierdie verhoging van ons Here Jesus Christus? 

Hy self verklaar dit aan Nikodemus aan die hand van die gebeurtenis uit Numeri 21…soos die slang verhoog is in die woestyn. 

« Older posts Newer posts »