Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Handelinge (Page 6 of 7)

Veertig lewensbelangrike dae!

Skriflesing: Hand 1:1-8
Teksvers: Hand 1:3

Met Jesus se koms het die koninkryk van God by die mens gekom!

Na Jesus Christus se opstanding het Hy nog veertig dae op aarde deurgebring. Dit was veertig baie belangrike dae, want in hierdie tyd het Jesus dit wat Hy aan die dissipels verkondig het, net herbevestig. Jesus het meer as tien maal aan verskillende mense op aarde verskyn. Dit was ’n volkome bewys dat Hy opgestaan het en lewe. Wat baie belangrik was, was dat die dissipels in hierdie tyd nie net begin verstaan het nie, maar volkome begryp het wat Jesus kom doen het. Hy is die Koning van die kerk. Hy is die Messias maar nie ’n verlosser van die aardse lyding in die eerste plek nie, maar ʼn Verlosser wat hulle losgekoop het uit die sondige bestaan en burgers gemaak het van die Koninkryk van God waar Jesus Christus self die Koning van is.

Ons gaan na twee sake kyk:

  • Jesus verskyn aan die dissipels en meer mense.
  • Jesus praat oor die dinge van die Koninkryk van God.

Laai af

REDDING SLEGS DEUR DIE GELOOF

Skriflesing: Handelinge 16; Romeine 1:16,17
Teksvers: Hand 16:31
HK: Sondag 7

In die behandeling van ons belydenis word die vraag gestel: Wat is ‘n ware geloof? Daar is dus wel iets soos ‘n valse geloof. ‘n Skyngeloof. ‘n Skynheilige geloof. ‘n Dooie geloof. Daar is selfs iets soos ‘n wonder-geloof, by mense wat net heeldag onrealisties op wonderwerke sit en wag. Mettertyd wonder ons wat van hul geloof geword het!

In Filippi begin die eerste gemeente in Europa met die geloof van Lidia en die tronkbewaarder. En daarby kom hulle en hulle hele huisgesin tot bekering en word gedoop. Ek sien in my geestesoog hoe die bewaarder luister na die Evangelie soos Paulus en Silas dit vertel, terwyl hy saggies hulle gegéselde rûe afspons en met salf insmeer… Geloof wat uit liefde tot dade oorgaan!

Laai af

Die krag van die evangelie!

Skriflesing: Hand 17:16-34
Teksvers: Hand 17:16-34

In Handelinge 17 kry ons te doen met Paulus se model van evangelisasie. Nadat hy moes vlug vir sy lewe, arriveer hy in Athene, en word daar gekonfronteer met ‘n klomp vrae en aanvalle teen die Christelike geloof.

Kom luister saam om te sien hoe hy dit hanteer en beantwoord, en ook hoe hy homself handhaaf. Daar is ‘n klomp dinge wat ons by hom kan leer oor hoe ons evangeliseer en vrae oor die evangelie beantwoord.

Laai af

Onstuitbaar word die Evangelie met Goddelike mag en krag uitgedra

Skriflesing: Handelinge 19
Teksvers: Hand 19:20

Die stad Efese was destyds bekend as ‘n bymekaar-kom-plek vir almal wat hulle opgehou het met allerlei toorkunste. Groot bygelowigheid het in daardie tyd meegebring dat mense gedink het dat allerhande towerspreuke ‘n mens se huwelik en lewe geluk-kig sou maak. Die bygelowige toorpraktyke was ook onder die gelowiges ‘n realiteit. Hulle moes leer dat die Here die praktyke van toorkuns in sy Woord verbied.
Hierdie behoefte aan stabiliteit en sekerheid bestaan vandag nog by mense. Dit bring mee dat mense vandag nog op die verkeerde plekke na sekerheid soek. Die duiwel sal enige iets probeer om mense in sy mag te kry. Hier bevestig die Here dat sy mag en krag groter is as die van die bose. Vandag nog word die evangelie wêreldwyd onstuitbaar uitgedra. By Jesus Christus is die enigste ware en blywende sekerheid.

Laai af

« Older posts Newer posts »