Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 2 Korintiërs (Page 8 of 8)

Eksamentyd

Skriflesing: 2 Korintiërs 13
Teksvers: 2 Korintiërs 13:5-7

In 2 Korintiërs 13:5-7 roep Paulus onder leiding van die Heilige Gees die gelowiges van die gemeente in Korinte op om hulleself te toets en te ondersoek. Hierdie toets is ‘n geestelike toets of eksamen wat hulle nodig het om te doen. Daar is in hierdie toets twee vrae wat aan hulle gevra word: Die eerste is: Is jy werklik nog vas in jou geloof? Die tweede is: Leef jy werklik in en deur Jesus Christus?
Dit is nie altyd lekker om ondervra te word of om ‘n eksamen af te lê nie. Hierdie twee vrae is egter so belangrik vir nou en vir jou ewigheidsbestemming.
Mag die Heilige Gees jou lei om hierdie vrae eerlik te antwoord. Dit is van die mees deurslaggewende toetse of eksamens wat jy in jou lewe kan aflê.

Laai af

Paulus bly nederig ondanks ‘n ongelooflike ervaring in die paradys!

Skriflesing: 2 Kor 12:1-10; Open 1:9-11; Open 21
Teksvers: 2 Kor 12:2-5

Elkeen van ons wil graag deel wees van ’n wenspan! Elkeen wil graag suk-ses bereik in sy lewe. Kinders wil weet, ons skool is die beste. Studente wil op die beste Universiteit wees. Ek wil graag by ’n suksesvolle firma werk. Ons wil ook graag hoor, ons as gemeente is suksesvol, groei in getalle, is besig, doen goed, daar is eredienste, Bybelstudies. Ons is ’n dinamiese, groeiende, vooruitstrewende, bekende gemeente waar dinge gebeur. God is werksaam in die gemeente. Maar wat is die kern van hierdie perikoop, hierdie gedagte-eenheid vanaf 2 Kor 12:1-10?
Paulus wat absoluut nederig bly ondanks die feit dat hy besonder begenadig is deur God en selfs die hemel aanskou het.
Daar is drie sake waarna ons gaan kyk:

  • God het Paulus vereer deur die hemel aan hom te wys.1-6
  • God het Paulus nederig gemaak. ’n Doring in sy vlees. 7,8
  • God het Paulus gehelp deur ’n diepe afhanklikheid. 9-10

Laai af

Newer posts »