Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 2 Korintiërs (Page 6 of 8)

Sondelose, as sondaar behandel, sodat sondaars kan lewe

Skriflesing: 2 Kor 4:16-5:21
Teksvers: 2 Kor 5:21
HK Sondag 15 + 16 Vr en antwe. 37,40,42

Die boodskap van versoening dui die grond van ons verlossing aan. Jesus Christus het ons met God versoen deur die toorn van God oor die sonde in ons plek te dra. Dit is die boodskap wat vir ons verlossing bring. Jesus se versoeningsdaad is die rede hoekom Hy vir ons betaal het sodat ons die ewige lewe kan hê.

  • Jesus Christus was en is sonder sonde.
  • Jesus Christus is as sondaar behandel.
  • Jesus Christus is die rede hoekom ons kan lewe

Jou lewe is ‘n brief van Christus

Skriflesing: 2 Korintiërs 2:12-3:18
Teksvers: 2 Korintiërs 3:-2-3
HK Sondag 12 V&A 32

Waarom word jy ‘n Christen genoem? Dit is nie ‘n vraag wat gereeld gevra word nie. Mense sal eerder vra of jy ‘n Christen is of nie. En die algemene begrip rondom Christenskap is baie breed. Enige iemand wat die Bybel lees en Jesus erken word as Christen gereken.

Tog is daar baie meer aan jou geloof as net dit wat jy op die oppervlak sien. Jou lewe is ‘n getuienis vir ander mense. Dit is ‘n ope brief vir almal om te lees. Wat staan in jou brief geskryf? Amen

Die Triomferende Kerk

Skriflesing: 2 Korintiërs 2:12-17
Teksvers: 2 Korintiërs 2:14 

Paulus is redelik teleurgesteld in die gang van sake in die gemeente en ook oor die feit dat hy vir Titus in Troas misgeloop het (vs 13). Sy planne werk nie altyd uit nie. 

Die alledaagse katastrofes is genoeg om mens moedeloos te maak, totdat jy weer anders na die gebeure kyk. Kyk maar altyd daarna in die lig van Christus se oorwinning. Dan raak jy weer positief en gemotiveerd tot roepingsvervulling. 

Ds Maarten van Helden 

Wapens vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen

Skriflesing: 2 Kor 5:11-6:12: Ef 6:10-20
Teksvers: 2 Kor 6:6,7; Jes 55:6

‘n Bekende en tog ‘n onbekende vyand is besig om die wêreld aan te val. Ons is almal baie bang vir hierdie vyand wat ons nie kan sien nie, maar die gevolge van sy teenwoordigheid beleef. Ons beleef die gevolge met inperkings, met siekes met oorvol hospitale, met selfs die dood. Die vyand self, die Covid 19 virus met al sy variante, kom van Satan self. Die doel is om God se kinders van Hom af weg te trek vanweë ongeloof, kleingeloof, dalk verwyte ens. Op allerlei manier is die Satan elke dag besig om die kerk, Christene aan te val en te probeer oorwin. Paulus verduidelik hier aan die gemeente van Korintiërs sy wapens, aanvals- en verdedigingsmetodes en sy doel met sy dienswerk in hierdie stryd.

  • Paulus se wapens.
  • Paulus se aanvals en verdedigingsmetodes.
  • Paulus se doel.

Die 2e gebod: Hoe die onsienlik God gedien wil word

(geen eiewillige godsdiens nie)
Skriflesing: Eks 20:1-6; Kol 1:14-23; 2 Kor 3:18
Teksvers: Eks 20:4-6 (2 Kor 3:18)
HK: Sondag 35

Die eerste gebod leer ons WIE ons moet – die Here, God alleen, want daar is nie ander gode nie. Die tweede gebod leer ons HOE ons hierdie God moet dien en hoe nie! In kort verbied God enige eiewillige vorm van godsdiens en gebied (leer) ons om voortdurend te vra of ons godsdiens werklik vir die Here aanneemlik is. As God dan die Onsienlike is, kán en mág ons nie karikatuurbeelde van Hom maak of maar net doen waarvan ons hou nie.

Die Woord staan sentraal in die erediens – nie net die prediking nie, maar ook alles wat ons daar aan God aanbied. Die erediens is egter die voorloper van ons daaglikse lewensliturgie, om alles elke dag te doen “soos vir die Here”. Vra jou dus voortdurend af of dit wat jy doen vir Hom aanneemlik is (Ef 5:10). Dan sal ons nie beelde van God maak nie, maar eerder beeld van God wees!!

Laai af

Ons krag is by die Here wat Almagtig is! Klipdassies, het min krag, maar hulle bly teen kranse

Skriflesing: Spreuke 30:24-28
Teksvers: Spreuke 30:25; 2 Kor 12:10; Open 3:8

Ons meet dikwels die kerk se sukses in getalle, mag, gesag en impak in die wêreld. Ons hunker na gesag en mag om die evangelie uit te dra en om ons lewens te vergemaklik. Ons wil graag met krag en mag en gesag lewe en werk. Maar ons lees van ‘n klein dassie, met min krag en met min gesag wat uitermate wysheid het omdat hulle juis lewe soos wat God hulle geskape het. Daarom is die kerngedagte juis dat ons krag is by die Here, ons Rots. Ons het wel min krag, maar God is ALMAGTIG. Ons gaan na drie sake kyk:

Dassies het buitengewone wysheid met betrekking tot:

  • Blyplekke.
  • Beskermingsmetodes.
  • Oorlewing.

Laai af

« Older posts Newer posts »