Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 1 Johannes (Page 3 of 6)

Die Gees getuig deur die water en bloed

Skriflesing: 1 Johannes 5:1-15
Teksvers: 1 Johannes 5:5 -10

Deur die geloof alleen: Sola Fide. Deur die geloof alleen kry ons deel aan God se genade. Elkeen wat Glo in Jesus Christus is uit God gebore. Dit is hulle wat deur die liefde van God gedring en nuutgemaak word. Dit is hulle wat God liefhet met die liefde waarmee Hy ons eerste liefgehad het. Deur die geloof oorwin ons die wêreld. 

Hoe kan ons anders as om te getuig van die oorwinning in Christus. God self getuig deur die water en die bloed. Dit is die Gees wat getuig want die Gees is die waarheid. En elkeen wat deel het aan Christus deur die krag van die Heilige Gees, getuig dat hulle kinders van God is. 

Vanoggend sien ons die getuienis van die Heilige Gees deur die water en die bloed, want elkeen wat in die Seun van God glo, het die getuienis in hulself. 

Jesus Christus is ons GROOT Hoëpriester

Skriflesing: Heb 4:14-5:10
Teksvers: Heb 4:14,15; 2 Kor 5:21; 1 John 3:5; 1 Pet 1:19
HK Sondag 14

Jesus Christus het ook die menslike natuur aangeneem deur soos ‘n mens gebore te word en waarlik self mens ook te word. Hy is gebore uit die maagd Maria. Maar Hy kan alleenlik ons Middelaar wees omdat Hy waarlik God en mens is, SONDER SONDE!

  • Die Hoëpriester was ‘n mens met sonde.
  • Die Groot Hoëpriester was sonder sonde.
  • Die Groot Hoëpriester was volkome Heilig.

Die water en bloed getuig

Skriflesing: Genesis 2:4-7, 15-25; Johannes 19:28-37
Teksvers: 1 Johannes 5:5-8
HK Sondag 22

Die Here het nie stofspoke gemaak nie, maar regte egte mense. Mense wat bestaan uit vel en been, soveel so dat Adam uitroep: hier is een soos ek, vlees van my vlees en been van my gebeente… Mense deur wie daar bloed in hulle are vloei. In daardie bloed is lewe. Die siel is in die bloed. 

So onlosmaaklik is die bestaan van die mens as lewende wese, liggaam, siel en gees. Daarvoor moes Christus betaal, met ‘n regte egte menslike liggaam, daarvoor moes Hy die Gees gee. Dit is die getuienis van die water en die bloed. Amen 

« Older posts Newer posts »