Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 319 of 328)

Die Here is ons fokus in die verlede, hede en toekoms

Skriflesing: Jesaja 51
Teksvers: Jesaja 51: 2,3

Die Here praat in hierdie gedeelte in besonder met die Israeliete wat
“na die wil van die Here vra”. Om hoop en vrede in die hede en die
toekoms te kan verwag, roep die Here die gelowige Israeliete om terug
te dink aan die handelinge van die Here in die verlede. So word hulle
aandag eerstens op Abraham gevestig. Dan roep Hy hulle op om aan
die Here te dink wat die skepping daar gestel het. Dan word hulle
aandag weer op die Here gevestig tydens die uittog uit Egipte.
Die wat op die Here gefokus is, kan die vrees en bewing vir die vyand
teëstaan deur die werk van die Heilige Gees. Redding gee die Here
alleen vir die wat op Hom fokus.
Mag jy in die veranderende wêreld weet dat die Here ons God is. Hy
sal ons in die skadu van sy Hand beskerm.

Laai af

Bly?!

Skriflesing: Kol 1:24-29
HK: Sondag 10

Hoe sien jy lyding? Hoe reageer jy daarop? Is lyding iets wat jy ten alle koste wil vermy? Is lyding iets wat glad nie ‘n plek in gelowiges se lewens het nie? Of is lyding iets waaroor jy jou kan verbly? Wat leer die Here ons oor lyding en hoe ons dit behoort te sien? Kom luister vanaand saam!
· My lyding kom uit God se hand.
· My lyding gaan nie net oor myself nie.
· My lyding wys dat Christus die hoop op heerlikheid is.

Laai af

Soli Deo Gloria! Aan God alleen, al die eer!

Skriflesing: Rom 11:1-36
Teksvers: Rom 11:33-36

Die herdenking van die Reformasie kom tot ’n einde. Vyf honderd jaar gelde het Maarten Luther sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Die afgelope Dinsdag was dit 500 jaar gelede. Uit die hervorming het daar vyf Solas ontstaan.
Sola Scriptura, Sola Fide, Sola Gratia, Solus Christus en Soli Deo Gloria! Die laaste van die vyf Solas handel oor:
Alleen al die lof en die eer aan God!
1. Eer God vir sy verbond met ons! v27
2. Eer God vir sy genade aan ons! v29
3. Eer God omdat Hy God is. v33-36

Laai af

« Older posts Newer posts »