Skrywer: admin (Page 320 of 328)
Skriflesing: Handelinge 20
Teksvers: Handelinge 20:35
HK: Sondag 42
In die Heidelbergse Kategismus Sondag 42 word daar stilgestaan by die negatiewe en die positiewe van die agtste gebod. In Handelinge 20:35 hoor ons die positiewe geïnspireerde woorde van die agtste gebod. Dit gee ‘n gelowige groter vreugde om te gee as om te ontvang. Net deur die werk van die Heilige Gees kan die selfgesentreerde ingesteldheid oor besittings verbreek word. Die wat in Jesus Christus glo, ontvang die genade om na ander te wil uitreik en ander te wil help. Jesus Christus se voorbeeld van gee in plaas van vat, word ook vir die Christene moontlik gemaak.
Mag jy die genade ontvang om die positiewe van die agtste gebod daagliks uit te lewe.
Skriflesing: Op 20:1‑15; II Kor 5:10; I Kor 15:26
Teksvers: Op 20:12
Terwyl Petrus ons gewaarsku het teen die dwaalleraars wat die oordeel ontken, het ons verlede week seker gemaak dat ons in die wederkoms glo en daarmee saam in die dag van oordeel.
Nou gee Johannes ons ‘n idee van wat presies op daardie laaste dag gaan gebeur. Een ding is seker en dit is dat Je-sus daar sal wees! So verwag ons ons Verlosser as Regter, komende om te oordeel én te red!
Vir die goddelose is daar op daardie dag egter geen goeie nuus nie.