Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 318 of 328)

Wat dink jy van jouself?

Skriflesing: Jesaja 52
Teksvers: Jesaja 52:3

Kyk ons na die dinge wat in ons land en wêreld en lewe gebeur, dan kan ons onsself vergelyk met die Israeliete in ballingskap. Mens kan immers in jou eie familie of in eie land so gemarginaliseer word dat dit jou selfbeeld totaal aanraak en afkraak. Hoeveel is ons vandag rêrig werd vir die regering? Wat dink die mense van my? En as jy een keer of meermale misluk en/of verbrou het… dan vervolg jou eie gewete jou en plaas jy jouself in ‘n soortgelyke posisie as die Israeliete… in Ba-belse ballingskap!
Hoe kom jy daaruit? Wat dink jy van jouself? Of wat dink die Here van jou?
Kyk na die tekens van die Nagmaal en herbesin oor jou selfbeeld!!

Laai af

HERE, in ons nood kan ons maar net vashou aan u troue verbondsbelofte

Skriflesing: Daniël 9
Teksvers: Daniël 9:19

In Daniël 9 word die worsteling deur Daniël vir sy eie sonde en vir die sonde van die volk Israel biddend voor die Here gestel. Daniël beroep hom op die belofte van die trroue HERE van die verbond. Net die HERE kan uitkoms gee en redding en troos.
Terwyl hy nog so bid, het die engel Gabriël aan hom verskyn en die visioen van die 70 jaar ballingskap kom verduidelik.
Net die HERE kan uitkoms gee in ons lewe en in ons land. Net Hy is ons rots en ons anker en toevlug.

Laai af

Volhard in die geloof!

Skriflesing: Heb 11:32-39
Teksvers: Heb 11:32-39

Geloof is sekerlik die grootste geskenk wat ons van God gekry het. Hierdie geloof is so kosbaar dat ons dit as geskenk moet koester en moet vashou en moet gebruik en alles tot eer van God. Sonder geloof kan ons nie lewe nie.
Wat doen jy met jou geloof? Koester jy dit deur nie net Bybellees nie, maar Bybelstudie. Bewaar jy dit deur aanhoudende gebede? Dank jy God elke dag vir jou geloof?

  • Geloof in God is ’n geskenk van God.
  • Geloof in God moet nie prysgegee word nie.
  • Geloof in God hou groot beloning in.

Laai af

« Older posts Newer posts »