Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 314 of 328)

‘n Skaap vir ‘n skaap!

(Last updated on Februarie 9th, 2018)

Skriflesing: Jesaja 52:13-53:12
Hand 8:26-35
Teksvers: Jesaja 53:6

Om in ons kultuur en omstandighede ‘n vergelykende en beskrywende ervaring vir die verhaal van Jesaja 53 te vind, is toe nogal glad nie maklik nie. Iemand wat homself in ruil gee vir ‘n hele koninkryk se mense se lewens! Vreemde idee! Maar dit is die hart van hierdie profesie.
In die Ballingskap kla die mense mekaar aan. Hulle beskuldig mekaar en blameer hulle eie voorouers. Ander loop heeldag met skuldgevoelens en ‘n gewete wat pla. En dan kom God en stuur sy Kneg/Dienaar met die oplossing vir alles! Die Man van Smarte! Maar Hy moet in ons plek ‘n skaap word: Die Lam van God vir ons geslag! En God se plan slaag.

Skyfies (as Powerpoint)

Skyfies (as PDF)

Laai af

Dit is die Here alleen wat ons kan red en bevry

Skriflesing: Daniël 6
Teksvers: Daniël 6:27, 28

Het jy al gewonder wat jy sal maak as iemand jou konfronteer om te kies tussen jou lewe en jou geloof in die Here?
Op hierdie stadium van Daniël se lewe was hy al ‘n bejaarde man. Hy het niks gehad behalwe sy lewe nie. Vir hom was dit egter belangrik om aan die Here meer gehoorsaam te wees as aan mense. Sy verbondenheid aan die Here, het hom daartoe in staat gestel om eenvoudig sonder ophef of vertoon voort te gaan om die Here te dien, te prys en te smeek om genade.
Mag jy ook getrou bevind word in jou gehoorsaamheid aan die Here. Mag jou lewe ander mense lei om soos Darius tot die ontdekking te kom van Wie die Here werklik is.

Laai af

Koinonia met die Vader, die Seun en met medegelowiges

Skriflesing: 1 Joh 1:1-10
Teksvers: 1 Joh 1:3,4,7

Die tema van die jaar is; Ons gee om…! Hierdie omgee gaan nie oor ‘n humanisme van omgee vir mekaar en om vir mekaar om te gee omdat daar humanistiese en eerstens menslike redes is om goed te doen nie. Hierdie Koinonia of Ons gee om vir mekaar lê gewortel in dit wat die apostels en spesifiek die apostel Johannes met ons deel. Hy getuig daarvan dat hy as deel van die dissipels vir Jesus gehoor, en gesien en aan Hom geraak het. Hulle is lewende getuies van Jesus Christus wat waarlik die Seun van God die Vader is. Ons gemeenskap met mekaar is gegrond in hierdie gemeenskaplike geloof dat God ons Hemelse Vader is en ons sy kinders is. Ons het mekaar lief omdat ons dieselfde Vader het, dieselfde Verlosser en in dieselfde bootjie is as aangenome kinders van God wat uit God se genade leef.
Ons gaan na die volgende drie sake kyk:

  • Gemeenskap met God die Vader.
  • Gemeenskap met God die Seun.
  • Gemeenskap met medegelowiges.

Laai af

Die wat die Here minag, ontvang die oordeel van die Here

Skriflesing: Daniël 5
Teksvers: Daniël 5:22-28

Koning Belsasar het groot geword in die huis waar die Here vir koning Nebukadnesar met oneindige geduld gelei en gevorm het om tot volle geloofsoorgawe in Hom te kon kom.
Ten spyte van alles wat koning Belsasar gesien, gehoor en beleef het, het hy onverskillig teenoor die Here gestaan. Vandaar dan dat die Here so drasties optree teenoor hom. Die wat weet, die wat tot kennis van die Here gekom het en dit nogtans verwerp, sal die oordeel van die Here ontvang.
Jy het nog geleentheid om jou saak met die Here reg te maak. Mag die Heilige Gees jou lei om die Here met volle oorgawe en vreugde te dien.

Laai af

« Older posts Newer posts »