Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 313 of 344)

Daar is ‘n liefde wat God haat

Skriflesing: 1 Joh 2:12-17
Teksvers: 1 Joh 2:15-17

Een van die uitdagings in gelowiges se lewens is om hulle natuurlike geneigdheid om die wêreld met al sy sogenaamde aantreklikhede teen te staan. Die duiwel gebruik die wêreldse goed om die kinders van die Here afvallig te probeer maak. Diegene wat die wêreld liefhet, moet weet dat dié liefde nie van die Vader kom nie.
Die wêreld bied allerhande liggaamlike begeertes. Dit is begeertes wat ‘n mens met sy oë kan sien. Dit is verder begeertes na allerhande besittings. Enige materiële verknogtheid kom nie van die Here af nie. Dit is bloot wêreldse goed.
Die wêreld met al sy begeerlikhede sal verby gaan, maar elkeen wat die wil van God doen, sal tot in ewigheid lewe.

Laai af

Hoeveel mense gaan hemel toe?

Skriflesing: Luk 13:22-30
Teksvers: Luk 13:23

Luk 13:23

“Toe vra iemand Hom: “Here, is die wat gered word, maar min?”

Hierdie is ’n vraag wat in die harte van mense leef. Hoeveel mense gaan daar in die hemel wees? Gaan daar duisende miljoene wees? Kan ek seker maak dat ek hemel toe gaan? Hoe gaan dit in die hemel wees en hoe gaan dit in die hel wees? Is dit nodig dat ek bekommerd moet wees of ek hemel toe gaan?

  1. Hoeveel mense gaan hemel toe?
  2. Wat is die pad hemel toe?
  3. Hoe sorg jy dat jy hemel toe gaan?

Laai af

Die pot is aan die kook

Skriflesing: Esegiël 11
Teksvers: Esegiël 11:16

Die Here praat in hierdie gedeelte deur Esegiël met die vals en misleidende leiers van Israel. Hierdie manne sê dat dit nie nou tyd is om huise te bou nie. Die stad is die pot en die Israeliete is die vleis. Daarteenoor sê die Here deur sy Gees dat Hy hulle gedag-tes ken. Dit is die misleidende leiers wat die mense in Jerusalem vermoor het. Die Here se daarom dat die vleis in die pot die mense in die stad is wat die misleidende leiers doodgemaak het.
Ja, die stad is soos ‘n doodspot, maar die Here sal hulle uit die doodspot red. Die getroue Verbondshere het aan Israel gesê dat hulle in ballingskap weggevoer gaan word as gevolg van hulle sonde. Dit gaan inhou dat hulle vir die duur van die ballingskap net die Here self by hulle sal hê as hulle heiligdom en hulle toevlugs-oord. So leer die Here vir Israel dat Hy alomteenwoordig is en nie vasgevat kan word in ‘n gebou nie. Hulle vertroue kan nie op iets gerig wees nie, maar net op die Here wat oral en altyd vir hulle ‘n werklikheid sal wees.

Laai af

« Older posts Newer posts »