Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 313 of 328)

Saam met heidene in die Stormsee

Skriflesing: Hand 27:1-38
Teksvers: Hand 27:21-26

Ons leef op aarde as gelowiges en ongelowiges, Christene, Moslems, Boeddhiste, vraers, twyfelaars, rykes, armes, mans, vrouens, kinders, verskillende volke, tale en kulture. Ons is almal onderworpe aan droog-te en reën, gesondheid en siekte, lewe en die dood. Ons staan saam onder regerings, staatspresidente wat kom en gaan. Ons leef in dieself-de storms van die lewe. As Christene kan ons, ons nie onttrek en in afsondering leef nie, maar ons leef in die wêreld, maar as burgers van die hemelse koninkryk wat ’n lig in die wêreld moet wees. Paulus is hier letterlik saam met gelowiges en heidene in ’n stormsee. Wat doen Paulus egter?

  • Paulus vermaan die mense om na God te luister.
  • Paulus bemoedig die mense om nie moed te verloor nie.
  • Paulus getuig van God se beloftes.

Laai af

Elkeen is verplig om hom/haar by die ware kerk aan te sluit!

Skriflesing: 1 Kor 12:1-14:40
Teksvers: 1 Kor 12:27; (1 Kor 12:21-27)

Hoe belangrik is dit om aan die kerk te behoort? Hierdie is seker-lik ‘n baie belangrike vraag in die hedendaagse tyd maar ook in al die eeue.
Vandag word daar gepraat van die “kerklose” Christendom. Baie Christene wil nie meer fisies lidmate van ‘n plaaslike kerk wees nie om verskeie redes. Individualisme neem oor. Liberalisme neem oor. Elkeen is regverdig in sy eie oë, Spr 21:2. Mense raak al meer in hulleself gekeer. Daar is sogenaamde e-kerke, internet-kerke. Christene gee hul lidmaatskap op, so al asof dit hul eie keuse is en God nie daaroor ‘n sê het nie. Ons praat nie van lidmate wat om wettige redes weens gesondheid, afstand, tyd of plek ens. nie meer saam met die gemeente eredienste kan hou nie.
Hoe belangrik is dit om lidmaat van die kerk te wees?

Laai af

Vertikaal en horisontaal

Skriflesing: Genesis 4
Teksvers: Genesis 3 en 4

Die wese van hierdie gemeente lê in haar roeping om ware kerk van Christus te wees. Die heilige, algemene, Christelike kerk.
Wat is die kerk? Die kerk is ek en jy wat antwoord op God se inisiatief! Ons is die kerk! Dan leef ons in vrede met God deur Jesus Christus. My vrede met God (vertikaal) het egter ook gevolg op my verhoudinge met mense (horisontaal), veral met my medegelowiges. Daarin kom “die gemeen-skap van die gelowiges” of “die gemeenskap van die heili-ges” na vore!
Twee gewetensvrae word vandag ook aan elke lidmaat gestel.

Laai af

God heers as ewige Here

Skriflesing: Daniël 7
Teksvers: Daniël 7:13 en 14

In Daniël 7 en 8 word daar weer terug beweeg na die regerings-tyd van koning Belsasar van Daniël 5. Dit is opvallend dat Daniël juis in die tyd van die goddelose koning Belsasar hierdie drome en visioene gehad het. Op die kruin van goddeloosheid en uittarting van die lewende God, kom die Here om die gelowiges in ballingskap te versterk en te bemoedig.
Dinge sal uitmekaar val, koninkryke sal kom en gaan, swaar tye sal daar wees, maar die Here is die Een wat die finale en laaste sê het in die wêreldgeskiedenis.
Die koninkryk van God sal vir ewig bly bestaan. Dis jou anker en troos in hierdie gebroke wêreld waarin ons nou is. Mag jy moed hou en volhard in die geloof tot met die wederkoms van Jesus Christus.

Laai af

« Older posts Newer posts »