Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 315 of 328)

Broers en susters in/van die Here Jesus!

Skriflesing: Romeine 8:14-17
Teksvers: Romeine 8: 15,16

Hoekom sou ek vir jou omgee? Waarom sou ek vir enige iemand anders omgee? Ek het genoeg moeilikheid van my eie…
Miskien is dit so dat ons genoeg probleme het, maar die Here het ons in verhoudinge geskape sodat ons mekaar kan help en bystaan. Dan word groot probleme makliker opgelos.
God gee so baie vir ons om dat Hy ons grootste nood raakge-sien het en ons as sy kinders aangeneem het. En nou is ons, soos Jesus, kinders van die grote God. Hy gee ons aan me-kaar. Ons is nou broers en susters van Jesus en so ook van mekaar. Ewige familie!
Ons het mense wat vir ons omgee! En ons gee vir hulle om!

Laai af

Die Here bring die mees geharde mens tot inkeer

Skrifgedeeltes: Daniȅl 4
Teksvers: Daniȅl 4:35

Dit kan so maklik gebeur dat ons iemand kan afskryf. Ons kan dink dit is onmoontlik om iemand se hart te verander wat sonder die Here lewe. Tog kom die Here om ons hier te leer dat Hy die hart en lewe van die magtigste koning draai om tot inkeer te kom en te bely dat al die mag en die eer en die heerlikheid aan die Here alleen toekom.

Kom ons bid vir ons leiers en vir mense wat ons al afgeskryf het om tot ware inkeer en bekering te kan kom. Kom beleef weer die Here se groot mag en krag en liefde vir verlore mense.

Laai af

Jesus Christus gee intens om vir sy mense

Skriflesing: Mat 14:22-33 (Mark 6:45-52; Joh 6:16-21)
Teksvers: Mat 8:27; Mat 14:33

Jesus is Here oor die hele Skepping. Jesus is alwetend, ook wat elke oomblik van die dag met ‘n mens gebeur. Ons lees in Jes 45:5-7:
“Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie. Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here, daar is geen ander nie. Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.” Jesus gee om vir sy mense. Hy loop nie op die see en laat Petrus op die see loop om ‘n blote wonderwerk te doen nie, maar dat sodat Sy Almag openbaar kan word en Hy deur sy versoeningswerk kan toon dat ons altyd na Hom toe moet gaan vir en lewe en om te lewe. Ons gaan na drie sake kyk:

  • Jesus loop op die see
  • Petrus loop op die see
  • Jesus “loop” in ons harte

Laai af

« Older posts Newer posts »