Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 312 of 344)

Noodsaaklik, maar swaar

Wat is in die lewe van ‘n gelowige noodsaaklik, terwyl dit terselfdertyd sleg en onaange-naam mag wees?

Spreuke 10:17 sê: “Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe; wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af.” Ja dit is verseker nie maklik om iemand tereg te wys nie, om nie eens daarvan te praat om self deur ander tereg gewys te word nie.
Teregwysing is noodsaaklik vir elke gelowige, maar dit is ook baie moeilik om tereg gewys te word.

So maklik sien ons die verkeerde in ander mense se lewens, maar dit is moeilik om die verkeerde in my eie lewe raak te sien en te erken. Nog moeiliker as iemand gedring deur die Heilige Gees met my kom praat oor verkeerde dinge in my lewe.

Dit is so belangrik om iemand wat gesondig het, en op ‘n dwaalpad is, te vermaan. Verma-ning en bemoediging word altyd saam gedoen. Soms is daar meer aanmoediging nodig as vermaning en soms is dit net anders om. Die een kan egter nie sonder die ander gebruik word nie.

Ons vermaan mekaar en stel onsself oop vir vermaning, omdat ons mekaar nie net kan oorlaat aan ons eie lot nie. Dán sal ons verlore gaan.

Vermaning hou egter in dat ons dit in ‘n gees van sagmoedigheid sal doen. So sê Galasiërs 6:1: “Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ’n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in ver-soeking kom.”

Verder sê Hebreërs 12:11 vir ons: “Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ’n goeie vrug, naamlik vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.”

Mag jy met ‘n sagte hart ander gelowiges vermaan en mag jy deur die werk van die Heilige Gees jouself oopstel om self in liefde vermaan te word.

Ds Paul

Die gees laat ons na die Bruidegom roep

Skriflesing: Openbaring 22:6‑21
Teksvers: Openbaring 22:17

Laaste boodskap van die boek kom in die vorm van ‘n opwekkingsdialoog tussen Bruid en Bruidegom!

Die vraag is of ons die stem van die komende Bruidegom hoor. Verwag ons nog daagliks sy koms met gespanne afwagting, soos ʼn bruid wag vir die groot dag van haar troue?

Wat is ons reaksie? Die groot dag mag immers nader wees as wat ons dink!

Laai af

Wie is Jesus vandag vir jou?

Skriflesing: Openbaring 1; Daniël 7
Teksvers: Openbaring 1:12‑20

Waarskynlik sit meeste gelowiges met ‘n onvolledige beeld van Jesus Christus as die lydende Kneg van die Here.

Die meer volledige beeld is as jy Hom ook sien in sy verheerlikte staat… aan die regterhand van die troon van
God! Hy heers! Hy beheer die geskiedenis.

Op Hom vertrou ons in tye van nood en rampe en vervolging.

Laai af

 

Jesus beloon sy toegewyde diensknegte met sy wederkoms

Skriflesing: Matteus 25:14-30
Teksvers: Matteus 25:14-30

… “Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal
oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die
bietjie wat hy het, weggevat word.”
Mat 25:29

Hoofpunte:

Wat elke dienskneg ontvang het.
Wat elke dienskneg daarmee gemaak het.
Die resultaat van die diensknegte se toewyding.

Laai af

Het ons nog tyd vir die Here?

Skriflesing: Openbaring 1:7‐20
Teksvers: Openbaring 1:10,12.13a

Deesdae is dit meer so: “Sunday is funday”. Vir baie van ons is dit braai-dag. En ons kán braai! En tog is die vraag: Wat wil God met die weeklikse ritme van, een dag per week is “die dag van die Here”, in ons lewe bereik?
Kyk wat op die Sondag daar op Patmos met die apostel Johannes gebeur. Hy hou by die gewoonte om op “die dag van die Here” (Sondag!) homself af te sonder vir die diens en aanbidding van die Here… en dan vind daar ‘n heerlike ontmoeting plaas.
Het ons nog tyd op Sondag om die nabyheid van die Here te soek? Kom jy ook na die gereelde eredienste met die verwagting dat daar so ‘n ontmoeting sal plaasvind? Het jy nog tyd vir die Here?

Laai af

« Older posts Newer posts »