Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 312 of 328)

Die Here is my hele lewe!

Skriflesing: Psalm 16 (OAV); Levitikus 25:23-28
Teksvers: Psalm 16:5,6

Die lewe bring onvermydelik voorspoed én teenspoed, sukses én teleurstellings. Waar vind mens vreugde in hierdie gepolariseerde bestaan?
Laat die Here deel van jou lewe wees. Laat Hom deel wees van die pakkie van uitdagings, suksesse en teleurstellings! As Christus werklik deel word van ons aardse ‘pakkie’, sal ons bestaan nie waardeloos vermors wees nie. In Hom is dit Immanuel – God met ons.
Ook vir die 10 jongmense wat vandag openbare belydenis van hulle geloof doen, kom die belofte van Psalm 16… Ek is deel van jou lewe. Ook die opdrag: Laat Hom deel wees van jou lewe. Heeldag. Elke dag!

Laai af

Soli Deo Gloria God se eer lê dikwels in wat Hy verborge hou

Skriflesing: Spreuke 25:1-8
Teksvers: Spreuke 25:2

1. Die eer van God lê in wat Hy verborge hou.
Geen mens het God nog ooit gesien nie, en tog weet ons Hy regeer. In Sy onsigbaarheid word Hy deur sy kinders geëer vir alles wat Hy doen as Almagtige God wat die skepping elke dag onderhou. In Sy misterie word sy Almag geopenbaar.
2. Die eer van regeerders lê in wat hulle sigbaar doen.
Die regeerders moet deursigtig regeer. Daar moet sigbare orde en wette wees sodat elke onderdaan presies weet wat van hom/haar verwag word en hoe die regeerders ook die taak toepas.
3. Wees onderdanig aan die regeerders soos dit van ‘n Christen verwag word, tot eer van God.
Om jou lewe in te rig tot eer van God en gehoorsaamheid aan die regering, moet ons erken wie God is en wat Hy doen. Wat ons nie verstaan nie, aanvaar ons en wat geopenbaar is, lei ons tot daadwerkli-ke eer aan God.

Laai af

Wees voorberei vir die finale aanslag van die duiwel

Skriflesing: Daniël 10
Teksvers: Daniël 10:12

Daniël 10 -12 handel oor die gebeure rondom die verbondsvolk in die eind-tyd. Hierdie laaste drie hoofstukke van die boek Daniël vorm ’n eenheid wat:
(1) die verskyning van ’n hemelwese as voorbereiding vir die openbaring beskryf,
(2) die beskrywing van die openbaring gee,
(3) en die uitleg daarvan gee. In Daniël 10 word daar stilgestaan by die verskyning van ‘n hemelwese wat dien as voorbereiding van die openbaring wat in Daniël 11 en 12 verder omskryf word.
Die vraag is hoe ons as gelowiges ons kan voorberei op die aanbreek van die eindtyd.
Mag jy geestelik wakker wees en jouself voor die Here verootmoedig om staande te kan bly wanneer daardie tyd sal aanbreek.

Laai af

God bly, ten spyte van alles wat in die wêreld gebeur, in beheer

Skriflesing: Daniël 8
Teksvers: Daniël 8: 20-26

In hierdie hoofstuk verduidelik die engel Gabriël aan Daniël waarop die toorn van God gaan uitloop in die eindtyd. Hier word na wrede- en bose heersers deur die eeue heen gekyk.
Wanneer die Antichris in persoon op die toneel verskyn, is dit die tyd wat die sonde en goddeloosheid sy hoogtepunt bereik. Hy sal baie sterk word, bloot maar net omdat die Here dit sal toelaat. Dan sal die einde van die wêreld aanbreek. Hy is ‘n verwoester van formaat, en behaal by dit alles, geweldige sukses. Hy sal selfs die volk van die Here doodmaak. Hy sal selfs in sy hoogmoed, oorlog teen die Here verklaar. Hierdie is baie swaar tye vir die gelowiges. Maar die Here sal Hom vernietig.
Geweldige wreedheid, magsbeheptheid en wreedheid voer dus in hierdie hoofstuk die botoon. Sal jy moed hou in jou geloof en vertroue in die He-re? Sal jy kan aangaan om die Here te dien onder druk van vervolging en wreedheid teenoor jou geliefdes en jouself?
Weet verseker dat net die Here vir jou deur sy Gees sal dra deur hierdie wrede en skrikwekkende tye.

Laai af

« Older posts Newer posts »