Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 311 of 344)

Die Hervorming

31 Oktober 1517. Maarten Luther slaan sy 95 stellings teen die valse leringe van die Roomse kerk teen die kerkdeur van Wittenberg vas. Dit is die amptelike begin van die Hervorming. “Hervorm” is om weer terug te keer na die oorspronklike vorm. Die kerk is deur die Rooms Katolieke vervorm tot dit wat nie suiwer kerk is nie. In die plek van Jesus Christus kom die Pous as die hoof van die kerk. In die plek van die suiwer evan- gelie word die evangelie vervals om geld te maak dmv aflaatbriewe vgl. 2 Kor 2:17.

Luther verkondig dat saligheid verkry word uit genade alleen deur die geloof in Jesus Christus se verlossingswerk, Rom 1:17. Kerklik en teologies word die gesag van die Bybel weer bo alle twyfel gestel. Onomkeerbaar is die kerk weer deur God se genade op die pad van die Woord en die suiwer evangelie geplaas.

Daar sal altyd aanslae teen die kerk van die Here wees. Hierdie aanslae kom deur Satan wat hom voordoen as ’n engel van die lig, (2 Kor 11:14). Satan is daarop uit om die kerk van die Here te vernietig deur God se kinders met valse leringe en dwaallerin- ge van God af weg te lei. So gebruik Satan die evangelie en verdraai dit sodat dit soms baie moeilik is om te onderskei tussen die suiwer en die valse evangelie.

Daarom het God dit beskik dat daar in 1618-1619 die Sinode van Dordrecht gehou is juis om van die dwaalleringe uit te wys en weereens die kerk op die regte pad te plaas. Die hoofsaak van die Dordtse Sinode het gehandel oor drie sake, die vertaling van die Bybel in Nederlands, nl. die Statevertaling. Die Kerkorde is daar grootliks vasgestel en die Dordtse Leerreëls wat handel oor die uitverkiesing vind hier sy ontstaan. Dit is gerig teen die Remonstrante, wat geloën het dat God sekere mense uitverkies het om salig te word en gesê het dat dit van die mens self afhang of hy salig gaan word of nie. Die Dordtse Leerreëls is die derde besondere belydenisskrif wat deur die Gerefor- meerde Kerke bely word.

So sal God sy kerk bewaar, vandag en ook in die eeue wat kom tot met die weder- koms. Vanweë Satan se aanslae sal daar altyd stryd in die kerk wees. Maar die oor- winning sal altyd daar wees vir die opregtes wat aan die suiwer Woord en dus aan Jesus Christus alleen vashou.

Ds. Gerrit

Kan jou geliefdes teen gevare beskerm word?

Skriflesing: Job 1
Teksvers: Job 1:4 en 5

Job was in sy tyd in die destydse Ooste die belangrikste man. Verder het die Here gesê dat Job se gelyke nie op aarde gekry sal word nie: “hy was vroom en opreg, hy het die Here gedien en die kwaad vermy.” Ten spyte van sy welvaart en belangrikheid, het Job die Here vroom en opreg gedien. Hy was ‘n toegewyde pa en het telkens by die Here ingetree vir sy kinders wat dalk gesondig het.

So het dit gebeur dat Job se sewe seuns om die beurt partytjies gehou het in mekaar se huise. Dan het hulle, hulle drie susters genooi om saam met hulle fees te vier. Job het dan elke keer na so ’n reeks party- tjies sy seuns en dogters beveel om hulle vir die bring van offers te reinig. Vroeg die môre na die partytjies het Job vir hulle almal ’n brand- offer gebring. Job het dit gedoen uit vrees dat sy kinders dalk gesondig het en God in hulle gedagtes gevloek het.

Ten spyte van al Job se versoenende optrede ter wille van én in be- lang van sy kinders, het al 10 sy kinders op een slag gesterf. Was sy optrede dan nutteloos en tevergeefs? Het die offers nie gehelp nie? Wat is dan nodig om jou geliefdes teen gevare te beskerm?

Laai af

Vertrou en wag op ons Getroue Verbondsgod alleen

Skriflesing: Jeremia 14
Teksvers: Jeremia 14:20-2

In hierdie hoofstuk kondig die Here aan dat Hy sy rug op Israel gaan keer. Hy gaan nie meer na hulle gebede en hulle smekinge luister nie. Hulle het die tyd van genade verspeel. Jeremia pleit by die Here vir sy verwerpte volk. Hy vra of die Here sy volk dan nou heel- temal verwerp het? Walg die Here as Hy aan hulle dink?

Jeremia bely dat die Here se volk opstandig was; dat hulle teen die Here gesondig het; dat selfs hulle voorvaders skuldig was.

Jeremia doen ‘n beroep bloot op die Here se Naam alleen. Hy pleit dat die Here sy volk tog nie sal verwerp nie; dat die plek, waar die Here in sy magtige teenwoordigheid regeer, nie verag sal word nie. Hy beroep Hom op die Here se verbond met hulle en dat Hy sy verbond met hulle tog nie sal prysgee nie!

Laai af

Augustinus uit Afrika

As gelowiges bely ons dat God Drie-enig oor alles en almal beskik. Juis daarom gee Hy op spesifieke tye in sy kerke se geskiedenis besondere persone met spesiale gawes en vermoëns om sy kerk te stuur, te rig en te lei. So sal dit wees tot en met die wederkoms. Een so ‘n persoon is Aurelius Augustinus. Hy is in die Noorde van Afrika gebore in die jaar 354.

Augustinus word deur God gebruik om sy kerk by die Woord te hou en dwalinge teen te staan. Augustinus sou een van die bekendste kerkvaders word. Die kerkvaders was persone, wat deur God beskik is wat die teologie uitgebou het en oor die kerkleer ge- skryf het. Van almal sou Augustinus die belangrikste word.

Augustinus se pad met die kerk was nie vanselfsprekend nie. Van sy geboorte in 354 tot hy biskop word van die kerk in Noord-Afrika is ‘n lang en moeisame pad. Sy vader is welgesteld, ‘n man van aansien, bekend en gewild, maar van godsdiens wil hy niks weet nie. Inteendeel hy is ‘n uitgesproke heiden wat godsdiens verag het.

Augustinus se moeder daarenteen was ‘n opregte kind van die Here. Sy bely Christus openlik en haar grootste begeerte was dat haar man en seun ook Christene sou word.

Augustinus het as jongman ‘n sedelose lewe gelei ver van God en sy Woord af. Hy maak ‘n draai in Rome waar hy in kontak kom met die preke en voordragte van Ambrosius. Deur die preke het die Heilige Gees in Augustinus gewerk sodat hy tot geloof gekom het.

In 387 word Augustinus deur Ambrosius gedoop. So begin sy dienswerk in die koninkryk van God. Toewyding en ywer sou sy lewe kenmerk. God het hom gebruik as ‘n groot bewaarder van die waarheid vanuit die Skrif. Augustinus het baie geskryf en van sy geskrifte is nog van baie groot waarde vir die kerk. Luther en Calvyn het dikwels daaruit aangehaal.

Die geskrifte van Augustinus getuig van ‘n diepe insig, besondere begaafdheid, gees- telike nederigheid en erkenning van sy eie swakheid en gebrokenheid.

Ds. Hannes Noëth

« Older posts Newer posts »