‘n Tyd gaan nog aanbreek waar die gelowiges gesuiwer, gereinig en gelouter sal word. Die goddeloses sal egter goddeloos bly en hulle sal nie wil hoor of verstaan watter verskriklike tyd vir hulle nog sal aanbreek nie. Daarteenoor sal die Heilige Gees die verstand en hart van die gelowiges verhelder om te verstaan en moed te hou.
Na hierdie tyd van ongekende benoudheid, swaarkry en vervol-ging net voor die koms van Jesus Christus, sal elkeen wie se naam in die boek van die lewe opgeskrywe staan, groot vreugde beleef.
Dooies sal uit die dood opstaan. Sommige sal uit die dood opstaan tot die ewige lewe en sommige sal uit die dood opstaan tot groot smaadheid, iets wat vir ewig afgryslik sal wees.
God is alwetend en Hy ken elkeen van ons beter as wat jy jouself ken. God weet wat jy dink, wat jy doen, agter ’n toe-deur, in die donker, in die geheim, in die openbaar, orals. God weet selfs wat jy gaan sê nog voordat jy dit sê. God ken al jou sondes en jou gebreke en swakhede. Ons gaan na drie sake kyk:
1 Niemand is regverdig nie!
2 Regverdigheid/Vryspraak het in werking getree!
3 Almal wat glo word geregverdig? v23,24
Skriflesing: Daniël 11 Teksvers: Daniël 11:21, 44 en 45
Die Here openbaar in Daniël 11 aan sy kinders watter verskriklike tyd gaan aanbreek wanneer die Antichris, in persoon, in al sy woede net voor die wederkoms van Jesus Christus teen die gelowiges gaan optree.
Daniël 11 fokus eerstens op die opkoms van die antichristelike regering van Antiochus Epiphanes in ongeveer 168vC. Jesus het ook in die evangelies aan die dissipels verkondig dat die tipe lyding wat Antiochus Epiphanes veroorsaak het, ook ‘n werklikheid sal wees in die tydperk van ongeveer 70nC. Dit is met die verwoesting van die tempel. Die einde van die verskrik-like vervolging en lyding van die gelowiges sal in die tyd net voor die weder-koms van Jesus Christus op sy ergste wees volgens Openbaring.
Om staande te kan bly in die stryd en vervolging deur die antichristelike magte en eindelik die Antichris self, is daar nou tyd om jou voor te berei en toe te rus deur die werk van die Heilige Gees. Net die wat in Jesus Christus glo, sal die genade ontvang om te volhard tot met die wederkoms van Jesus Christus.