Kies een van die kategorieë of sleutelwoorde aan die kant van hierdie bladsy om meer te sien…
Skrywer: admin (Page 310 of 328)
Skriflesing: Lukas 24: 13-35.
Teksverse: Lukas 24: 25
Hoofpunte:
Jesus se verskyning.
Jesus se onderrig.
Die gelowiges se reaksie.
Skriflesing: 2 Kor 4:1-18
Teksverse: 2 Kor 4:14,15
Die kerngedagte by die prediking is:
Ons hoef nie moedeloos te word nie agv Jesus se opstanding.
Ons gaan nie drie sake kyk:
1. Ons is nie moedeloos nie, want Jesus het opgestaan.
2. Ons is nie moedeloos nie, want ons het saam met Jesus opgestaan.
3. Ons het in Jesus Christus ’n onmeetbare skat wat niemand kan wegneem nie.
Skriflesing: Matteus 27: 32-56
Teksvers: Matteus 27:37
Bokant sy kop het hulle die aanklag teen Hom in skrif aangegee: “Dit is Jesus, die koning van die Jode.” Matteus 27:37
Skriflesing: Heb 4:12-5:10
Teksvers: Hebreërs 4:15,16
Menseregtedag. 21 Maart. Die herdenking van die dag toe 69 mense se reg om te lewe hulle gruwelik ontneem is tydens die Sharpeville-opstande in 1960 (180 mense is ook gewond toe polisie op ‘n skare losgebrand het. ʼn Week vantevore is 9 wit en swart polisieman-ne wreed deur ʼn oproerige skare gemartel en vermoor, en landwyd was daar soortgelyke gruweldade). Ons dink onwillekeurig aan die Lonmin-tragedie van onlangs. Mag die Here hierdie lieflike land van ons tog van hierdie gees van geweld bewaar en weer vrede en liefde herstel tussen alle mense in ons vaderland.
Dink ons egter na oor mense se sogenaamde “regte” en ons beskou dit deur die oog van ons werklike geskiedenis, dan het elke mens net een fundamentele reg: Die reg om vir ewig verlore te gaan! Die sonde het skeiding gebring tussen mens en die lewende God! Sonde het die dood gebring. Dooies het geen regte nie!
As God dan tydens die paasfees in Jerusalem sy Seun sonder enige regte aan ‘n vloekhout laat sterf, dan verdien Hy vir ons die reg om met nuwe vrymoedigheid na die troon van God te gaan.