“Laat my lewe my geskenk wees” so versoek Ester die koning. Dit is tog ‘n vreemde versoek. Hoe kan die koning aan Ester lewe gee? Hy is tog nie God nie! Maar hy kan wel lewe neem. Ester pleit dat haar lewe gespaar word as sy genade gevind het in die oë van die koning. So word sondaars diensbaar in die koninkryk van God deur hulle geloof in dade om te skakel.
Ons moet egter besef dat God se verbond twee kante het. Die belofte en seën vir hulle wat in die geloof volhard. Maar die vervloeking en wraak teenoor almal wat sy beloftes verontagsaam en misbruik. Ons staan vanaand stil by hierdie seën en vloek van God se verbond met die tema: jou lewe is ‘n geskenk van God.
Nie alle gelowiges is diensbaar nie want nie almal wat sê dat hulle glo, se dade getuig daarvan nie. Of soos Jakobus waarsku: geloof sonder werke is dood. So was ook Mordegai en Ester “dood-gelukkig” in hulle eie gemak. Maar die edik van Haman het alles verander. Die oproep van Mordegai het Ester se hele wese geskud! Sy kan haar nie langer verbeel dat sy nie deur die dood geraak sal word nie. Daar is net een ding om te doen: om voor die koning te verskyn en te pleit vir die lewe van haar volk.
So gaan staan Ester voor die koning, met die bereidwilligheid om haar lewe op te offer. Hierdie daad gryp die hart van die koning aan. Hy sien die waagmoed en die waardigheid van sy koningin, en eer haar daarvoor. Hierdie daad het skynbaar ‘n verdere uitwerking op die koning, dat hy ‘n slapelose nag het, en deur die beskikking van die hand van God, word gevind dat Mordegai geen eer ontvang het vir sy aandeel om die sluipmoord op die koning te fnuik nie.
Ons staan vanoggend stil by hierdie radikale ommekeer en sien hoe geloof sondaars diensbaar maak in die koninkryk van God.
Lees: Joh 8:12 “Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
Hierdie is die tweede “Ek is…” uitspraak van Jesus in die evangelie van Johannes. Met hierdie uitspraak van “Ek is die lig vir die wêreld.”, bring Jesus ‘n baie troosvolle boodskap. Deur die sonde het daar geestelike duisternis oor die wêreld gekom. Die wat in ongeloof in die sonde bly lê, is bestem vir die ewige duisternis. Maar Jesus Christus het na die wêreld gekom as Lig om ewige hoop en die ewige lewe te bring.
Vir Israel was die vuurkolom in die woestyn nie net simbool van die lewe nie, maar dit was deel van hulle lewe wat die duisternis verjaag het. Die lig was simbool van God se teenwoor-digheid, beskerming en leiding. Jesus Christus is dit nog meer, Hy is die Lig. Waar Hy is is daar geen duisternis nie. In Hom het ons ewige beskerming en verlossing en leiding.
Heel waarskynlik het Jesus hier opgetree tydens of net na die Huttefees. Vgl. Joh 7:37
Die Huttefees. Tydens die huttefees is groot lampe in die tempel aangebring en elke aand aangesteek. Daardeur word die tempel rondom en van binne verlig. Die lig straal in die duisternis uit en verdryf die duisternis binne die tempel en ver daaromheen. Jesus sluit nou heel moontlik sy tweede uit-spraak van: “Ek is die lig vir die wêreld”, by hierdie ligte wat in die tempel is aan, deur prakties uitspraak te lewer dat Hy die lig vir die wêreld is.
Daar is nou nie meer kunsmatige ligte nodig nie. Daar is nie meer simboliese ligte nodig om na Hom te verwys nie. Jesus Christus self is die lig. Jesus self bring die lig in die lewe van elkeen wat in Hom glo. Hyself verlig die lewenspad van elkeen wat in Hom glo. Ja, sy lig gee lewe. Elkeen wat elke dag in Jesus se voetspore volg, loop in sy LIG. So iemand kan ook uitvoering gee aan die hoë roeping van die dissipel van Jesus Christus volgens Mat 5:14-16: “Julle is die lig VIR die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie, maar op ‘n lampstaander en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is kan verheerlik.”
Johannes 12:44-46 “Toe het Jesus uitgeroep: ‘Wie in My glo, glo nie net in My nie, maar ook in Hom wat My gestuur het. En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het. Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat die wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.”
Christus se woorde: Ek is die lig, moet nie net gehoor word nie! • Die persoon wat dit hoor, moet iets doen. • Om uit die duisternis gehaal te word en die lig te ontvang, moet ’n mens dus ’n volgeling van Jesus word en Hom aanhou volg. Stap in die lig van Jesus Christus en dit beteken prakties om te bid, Bybel te lees en in ‘n persoonlike verhouding met Hom te leef. AMEN Ds Gerrit Kruger: Gereformeerde Kerk Centurion: Sel 082 964 5595: gskruger1@gmail.com
Wie nie wil luister nie, moet voel, so ken ons die bekende spreuk. Daar sit egter baie meer hieragter as net ongehoorsaamheid of geweld. In die hart van elke mens is daar bepaalde begeertes en ambisies. Soms wil ons nie ag gee op dinge wat ons toekoms in gedrang kan bring nie. God ontbloot egter alle vorme van voorgee. Hier in Ester 4 sien ons hoe God ingryp om onwillige en onsekere harte diensbaar te maak in sy koninkryk.
Skriflesing: Ester 3:1-15 (2020-vertaling) Teksverse: Vers 8-9
Terwyl Haman en koning Ahasveros sit en drink, is die hele stad Susan in beroering oor die ingrypende wet wat pas afgekondig is regoor die koninkryk. Hier in die derde hoofstuk van Ester vind ons die eindelose stryd tussen kerk en wêreld, tussen geloof en ongeloof, tussen lig en duisternis.
Ons staan vanmôre stil by die gebeure waar Haman die doodsklokke laat lui vir die Joodse volk en hoe God deur beproewing die harte van sy kinders op Hom rig.
Eet is die natuurlikste saak in die lewe. ‘n Pasgebore babetjie se eerste behoefte is na melk, kos. Daarom reeds in die tuin van Eden het God aan die mens die heerlikste vrugte gegee om van te eet. Wie nie eet nie, kan nie lewe nie. Kos gee ons krag vir elke dag. Ons lewe gaan daaroor om elke dag so te werk en te leef dat ons kos op die tafel kan hê om te eet.
Nou lees ons in Joh 6 dat daar oor die 5 000 mense na Jesus kom luister het en teen die aand was hulle honger. Met net twee vissies en vyf brode het Jesus met ‘n wonderwerk hierdie mense gevoed. ‘n Wonderwerk. Onverstaanbaar groots. Maar Jesus gee kos vir honger mense. Brood en vis. Jesus het hulel gevoed en vir die kos gedank.
Die dag nà die wonderbaarlike vermeerdering van die brood, het daar weereens ‘n klomp mense na Jesus toe gekom. Die rede hoekom hulle weer na Jesus gekom het, was bloot om weer brood, kos te kry. Jesus sê dit self.
Joh 6:26,27 “24 Toe die mense sien dat Jesus nie daar is nie en sy dissipels ook nie, het hulle in die skuitjies geklim en na Kapernaum toe gevaar op soek na Jesus. 25 En toe hulle Hom oorkant die see kry, vra hulle vir Hom: “Rabbi, wanneer het u hierheen gekom?” 26 Jesus antwoord hulle: “Dít verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet en versadig geword het. 27 Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.”
Hoe eet jy dan by wyse van spreke vir Jesus as die Brood wat ewige lewe gee?
As Jesus sê: “Ek is die brood wat lewe gee.” dui dit natuurlik op geestelike voedsel. Dit is om in Jesus Christus te glo. Want Jesus is nie soos brood wat jy elke dag moet eet om versadig te bly nie. Jesus is geestelike brood, wat die ewige lewe gee. As jy Jesus eet, beteken dit dat jy in Hom glo. Geloof is meer as net kennis en vertroue. Geloof is ook om na Jesus toe te keer, om in ‘n intieme, persoonlike verhouding met Hom te staan. Jy eet Jesus as ‘ n ware deur die Woord te lees, te bid, die kennis te verkry hoe God homself openbaar, en deur met Jesus te wandel, Hom as ‘n ware te eet, jou te versadig met die kennis en vertroue en dat Jesus jou enigste weg tot saligheid is. En die Heilige Gees bewerk dit in jou hart.
Die Jode het gevra in Joh 6:28: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” Jesus het geantwoord in Joh 6:29: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.”
Om te glo in Jesus Christus is om… • Te weet hoe groot God se onmeetlike liefde vir ons is. • Te weet dat God sy Enigste, sy Eniggebore Seun geoffer het om in ons plek te betaal vir al ons sondes. • Te weet dat die doel van God se liefde en versoeningswerk deur Jesus Christus is sodat ons die ewige lewe kan hê om God vir ewig te verheerlik in die hemel. Jesus het gesê: “EK IS die brood wat die lewe gee!”