Skriflesing: 1 Petrus 1:13-2:10 (2020)
Teksvers: 1 Petrus 1:15,16
Die einddoel van ons geloof is die ewige lewe by God… Dit is met die oog op hierdie saligheid, die ewige lewe waarna die profete gesoek en nagevors het, en tog het hulle Hom nooit hier op aarde te sien gekry nie. Maar hulle het vooruit na Hom gewys dat Hy sal kom, en het Hy gekom. Hy is geopenbaar in heerlikheid en het aan hulle bekend geword deur die evangelie wat verkondig is, en deur die Heilige Gees wat uit die hemel uitgestort is.
Maar nou is dit so: Om deur die verkondiging van die Woord van God en die werking van die Heilige Gees deel te kry aan hierdie heerlike evangelie, en in die geloof tot die oortuiging te kom, bring sekere implikasies mee…
En dit is oor hierdie implikasie waarby ons vanoggend wil stilstaan met die tema: Wees heilig want God is heilig…
Ons gaan vervolgens by die volgende twee hoofsake stilstaan:
1. Die roeping om Kind van God te wees.
2. Die opdrag om as heilige gemeente opgebou te word.