Deut 22:5: ‘n Vrou mag nie mansklere dra nie, en ‘n man mag nie vrouensklere aantrek nie, Die Here het ‘n afsku van mense wat dit doen
Moses pas die beginsel van die respek vir die lewe en die respek vir die grense wat God stel toe op verskeie sake. (Deut 22:1-30)
- Uit respek vir diere en hulle eienaars help ‘n mens verdwaalde diere, selfs al is hulle nie jou eie nie: “Jy mag jou nie blind hou nie”! Jy mag nie onverskillig staan nie. Jy moet jou naaste help, selfs al ken jy hom nie! Jy tel ook die diere van jou naaste op wat geval het.
- Uit respek vir die ander geslag trek mans en vrouens nie dieselfde aan nie. Transvestisisme word hiermee afgewys, ook homoseksuele gedrag, hoewel die presiese kleredrag nie gespesifiseer word nie en die Hebreeuse woord ook wa-pens en ander manlike gebruiksartikels kon insluit. Dit is nie asof daar iets inherent verkeerd is met die dra van spesifieke klere of gebruiksartikels nie. Dit is doodgewoon ‘n grens wat God gestel het tussen mans en vroue wat sosiaal ook in kleredrag respekteer moet word.
- Uit respek vir die voortbestaan van wilde diere word wyfievoëls beskerm sodat daar nóg kleintjies gebore kan word.
- Uit respek vir jou gaste sorg jy dat daar veiligheidsreëlings by jou huis aangebring word, sodat hulle nie per ongeluk afval van die kuierplek op die platdakhuise nie.
- Uit respek vir die oneweredige krag van ‘n bees en ‘n donkie mag hulle nie saam as trekdiere ingespan word nie.
‘n Vrou wat vóór haar huwelik reeds geslagsgemeenskap gehad het, het die gevaar geloop om nie net ‘n slegte naam te kry nie, maar gestenig te word. Voorhuwelikse seks was doodgewoon ‘n ongehoorde ding in Israel.
Geneem uit skrywe van Chris van Wyk: ( https://truthinmotion.wordpress.com )