Skriflesing: Psalm 8
Teksvers: Psalm 8:2,10
Hierdie is ’n natuurpsalm waar God se grootheid besing word. God se almag as God self en sy pragtige skeppingswerk word gestel teenoor die nietigheid van die mens.
- God word besing omdat Hy die Skeppergod is.
- God word besing omdat Hy vir ons omgee.
- God word besing omdat Hy ons kroon as heersers. v5-8
Vrae wat ons elkeen moet antwoord is:
- Hoe dink jy oor die skepping waaroor jy moet heers?
- Hoe pas jy die skepping op deur dit nie te vernietig nie?
- Sien jy God se grootheid raak in die skepping?