Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 31 of 187)

Wees Heilig!

Skriflesing: Levitikus 19:1-18 (2020)
Teksvers: Levitikus 19:2

Wees heilig! Hierdie opdrag word reeds aan die volk Israel gegee by die berg Sinai in die woestyn waar die HERE self vir Hom hierdie volk afsonder. Hierdie volk moenie soos die ander volke wees nie. 

Die HERE is nie soos ander gode nie, en daarom mag sy volk ook nie soos ander volke wees nie. Omdat die HERE heilig is, daarom moet elkeen wat aan Hom behoort ook heilig wees. 

Ons staan vanaand stil in die heilsorde by die wyse waarop ons self afgesonder word tot heil. 

God gee nie moed op met sy mense nie

Skriflesing: Filippense 1 (1983)
Teksvers: Filippense 1:6
DL Hfst 5

Daar is baie dinge wat ons blydskap steel. Een is twyfel. Twyfel aan jouself. Aan die Woord. Aan God! 

Ons twyfel maklik en dan bekruip die moedeloosheid en swartgalligheid ons soms sommer helder oordag. Dit is waarskynlik daaraan te wyte dat ons so maklik tou opgooi. As dinge bietjie swaar word, as ons begin sukkel, nou-ja dan staak ons sommer en gooi tou op. 

Ons gees doen nogal dieselfde soort ding as dit by geloof in God kom. 

Ons vergelyk God eintlik met onsself! En daarin vind Paulus die verskil: God is nie soos ‘n mens, soos ons nie! Hy gooi nie sommer net handdoek in nie. Nie dat ons dit vir Hom eintlik maklik maak nie. 

Laat My lammers wei

Skriflesing: Joh 21:1-25 (1953)
Teksvers: Joh 21:15

In ons skrifgedeelte lees ons hoe Jesus drie maal vir Petrus vra: Het jy My waarlik lief? Telkens as Petrus antwoord, kry hy ook ’n opdrag i.v.m. Jesus se kudde. Die eerste is: ‘Laat My Lammers wei.’ 

In vanaand se prediking wil ons hierdie Bybelse opdrag behandel aan die hand van die volgende punte: 

1. Wie moet die lammers laat wei? 
2. Hoe moet ons hulle laat wei? 
3. Wat motiveer ons om hulle te laat wei? 

Genade maak lewend, verbeter en verbuig lieflik en kragtig

Skriflesing: Handelinge 17:15-34 (2020)
Teksvers: Handelinge 17:30-31

Wanneer ‘n mens met ‘n 2-3 jarige peuter te doen het, weet jy dinge kan baie interessant wees. Die kleinste en vreemdste dinge is fassinerend. 

Wat egter nie so wonderlik is nie, is die wil van daardie selfde peuter. Soms weet hulle self nie wat hulle wil hê nie, en raak gefrustreerd. Dit neem baie geduld en liefde en deernis van ouers en boeties en sussies om so klein mensie te help verstaan, om hulle wil te buig, sodat ‘n gesin in vrede kan saam leef. 

Op baie manière is dit presies hoe God deur sy genade weer lewe in ons wil wek. Hy verbeter ons, en buig ons lieflik en met krag sodat ons mag wees wat Hy wil. So word ons weer gebore, uit God se genade, deur sy liefde. 

Regverdiglik Vrygespreek

Skriflesing: Jona 3:10-4:11; Romeine 3:1-31 (2020)
Teksvers: Jona 4:1-3; Romeine 3: 23-24

Ons het gesien die werk van God in ons verlossing is nie net uitsonderlik nie, maar ook uiters noodsaaklik. Hy is die Een wat ons roep, wat deur die Heilige Gees die geloof in ons wek tot ‘n nuwe lewe deur wedergeboorte. Daarby moet ons deur geloof vasgryp aan God se genade en ons hartgrondig bekeer. Deur geloof, word ons vrygespreek. 

Ons kyk vanaand na die betekenis van vryspraak, of regverdiging van die sonde in die lewe van Jona en die groot stad Nineve en die wyse waarop ons deel kry aan die geregtigheid van God. 

Wat húlle nie weet nie…

Skriflesing: Markus 4:1‑20 (Mat 13); Jesaja 55:8-11 (1983)
Dortse Leerreëls 3-4; 8-12
Teksvers: Markus 4:3

Die Here Jesus vertel hierdie gelykenis van die saaier en die saad wat op verskillende plekke val. Die ontstellende is dat nie al die saad groei en vrug oplewer nie. Hier word iets van die wonder van God se genade in en deur Jesus Christus verduidelik. 

Nie alle mense word sonder meer gered nie. En dit is ook nie uit jou vrye wil dat jy die keuse gemaak het om gered te word nie. Dit is voor alles ‘n genade werk van God, wat gegrond is in sy verkiesende genadebesluit. 

Let op daarna dat Jesus die gelykenis aan die skare van duisende mense rig, maar die verklaring net aan sy dissipels gee (4:10). 

« Older posts Newer posts »