Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 184 of 192)

JESUS: Hoe of wat noem jý Hom?

Skriflesing: Matteus 1:18-25
Teksvers: Matteus 1:21

Die Naam Jesus beteken Verlosser, Redder (Eng: Savior). Eintlik kom die Griekse woord: sōzō uit die militêre milieu en beteken om iemand (of selfs ‘n beleërde stad) uit diepe nood te red. Dit is ook gebruik in die seilvaart waar skepe in groot nood geraak het.

Jesus is ons Verlosser. So word Hy deur God genoem. So word Hy ook deur sy ouers en die mense genoem. Hoe noem jy Hom?

Laai af

Die Here is ons ewige Koning ten spyte van menslike kortsigtigheid

SKRIFGEDEELTE: 1 Samuel 12
TEKSVERSE: 1 Samuel 12:19-25

Reeds in 1 Samuel 8 het die Israeliete gesê dat hulle ook ‘n menslike koning wil hê, net soos die ander volke. Samuel was te oud volgens hulle om verder ‘n leier te wees. Die volk het verder vir Samuel gesê dat sy seuns nie goeie leiers was nie. Sy seuns het hulleself verryk ten koste van ander, het omkoopgeskenke aangeneem en die regspraak verdraai. Hierdie saak was vir Samuel werklik verkeerd gewees. Tog het die Here vir Samuel opdrag gegee om aan hulle versoek te voldoen. Ten spyte van die volk se dwaasheid, ten spyte van hulle verkeerde besluite, bly die Here egter getrou aan sy verbondsbelofte.
Mag jy in die keuses wat jy maak, die wysheid kry om naby aan die Here te bly en Hom meer te vertrou as jou eie insig.

Laai af

Die opgestane Christus maak geslote deure oop!

Skriflesing: Joh 20:11-31; 2 Kor 2:12-17
Teksvers: Joh 20:19, 26; 2 Kor 2:12,14

Geslote deure is nie ondeurdringbaar nie! Daar bestaan geen geslote deure vir God se genade in Jesus Christus nie, ook nie vir ‘n Evangelie wat op pad is om die wêreld te oorweldig nie! Geslote deure? Watter kan daar wees? Heidenwêreld?
Op die bestemde tyd het Jesus onder hulle kom staan, terwyl die deure nog gesluit was. Die Evangelie groei op ruïnes …
Paulus in II Kor 2 preek oor die Geopende deur vir die Evangelie! Hy getuig oor ‘n oop deur vir die Evangelie op die plek.
Die Evangelie word vandag nog verkondig in omtrent 2000 tale, op onmoontlike plekke. Die Evangelie van troos en hoop weerklink!
“So lief het God die wêreld gehad … “

Laai af

Eksamentyd

Skriflesing: 2 Korintiërs 13
Teksvers: 2 Korintiërs 13:5-7

In 2 Korintiërs 13:5-7 roep Paulus onder leiding van die Heilige Gees die gelowiges van die gemeente in Korinte op om hulleself te toets en te ondersoek. Hierdie toets is ‘n geestelike toets of eksamen wat hulle nodig het om te doen. Daar is in hierdie toets twee vrae wat aan hulle gevra word: Die eerste is: Is jy werklik nog vas in jou geloof? Die tweede is: Leef jy werklik in en deur Jesus Christus?
Dit is nie altyd lekker om ondervra te word of om ‘n eksamen af te lê nie. Hierdie twee vrae is egter so belangrik vir nou en vir jou ewigheidsbestemming.
Mag die Heilige Gees jou lei om hierdie vrae eerlik te antwoord. Dit is van die mees deurslaggewende toetse of eksamens wat jy in jou lewe kan aflê.

Laai af

HERE, in ons nood kan ons maar net vashou aan u troue verbondsbelofte

Skriflesing: Daniël 9
Teksvers: Daniël 9:19

In Daniël 9 word die worsteling deur Daniël vir sy eie sonde en vir die sonde van die volk Israel biddend voor die Here gestel. Daniël beroep hom op die belofte van die trroue HERE van die verbond. Net die HERE kan uitkoms gee en redding en troos.
Terwyl hy nog so bid, het die engel Gabriël aan hom verskyn en die visioen van die 70 jaar ballingskap kom verduidelik.
Net die HERE kan uitkoms gee in ons lewe en in ons land. Net Hy is ons rots en ons anker en toevlug.

Laai af

« Older posts Newer posts »