Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 185 of 192)

Volhard in die geloof!

Skriflesing: Heb 11:32-39
Teksvers: Heb 11:32-39

Geloof is sekerlik die grootste geskenk wat ons van God gekry het. Hierdie geloof is so kosbaar dat ons dit as geskenk moet koester en moet vashou en moet gebruik en alles tot eer van God. Sonder geloof kan ons nie lewe nie.
Wat doen jy met jou geloof? Koester jy dit deur nie net Bybellees nie, maar Bybelstudie. Bewaar jy dit deur aanhoudende gebede? Dank jy God elke dag vir jou geloof?

  • Geloof in God is ’n geskenk van God.
  • Geloof in God moet nie prysgegee word nie.
  • Geloof in God hou groot beloning in.

Laai af

Die Here is ons fokus in die verlede, hede en toekoms

Skriflesing: Jesaja 51
Teksvers: Jesaja 51: 2,3

Die Here praat in hierdie gedeelte in besonder met die Israeliete wat
“na die wil van die Here vra”. Om hoop en vrede in die hede en die
toekoms te kan verwag, roep die Here die gelowige Israeliete om terug
te dink aan die handelinge van die Here in die verlede. So word hulle
aandag eerstens op Abraham gevestig. Dan roep Hy hulle op om aan
die Here te dink wat die skepping daar gestel het. Dan word hulle
aandag weer op die Here gevestig tydens die uittog uit Egipte.
Die wat op die Here gefokus is, kan die vrees en bewing vir die vyand
teëstaan deur die werk van die Heilige Gees. Redding gee die Here
alleen vir die wat op Hom fokus.
Mag jy in die veranderende wêreld weet dat die Here ons God is. Hy
sal ons in die skadu van sy Hand beskerm.

Laai af

Bly?!

Skriflesing: Kol 1:24-29
HK: Sondag 10

Hoe sien jy lyding? Hoe reageer jy daarop? Is lyding iets wat jy ten alle koste wil vermy? Is lyding iets wat glad nie ‘n plek in gelowiges se lewens het nie? Of is lyding iets waaroor jy jou kan verbly? Wat leer die Here ons oor lyding en hoe ons dit behoort te sien? Kom luister vanaand saam!
· My lyding kom uit God se hand.
· My lyding gaan nie net oor myself nie.
· My lyding wys dat Christus die hoop op heerlikheid is.

Laai af

Soli Deo Gloria! Aan God alleen, al die eer!

Skriflesing: Rom 11:1-36
Teksvers: Rom 11:33-36

Die herdenking van die Reformasie kom tot ’n einde. Vyf honderd jaar gelde het Maarten Luther sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Die afgelope Dinsdag was dit 500 jaar gelede. Uit die hervorming het daar vyf Solas ontstaan.
Sola Scriptura, Sola Fide, Sola Gratia, Solus Christus en Soli Deo Gloria! Die laaste van die vyf Solas handel oor:
Alleen al die lof en die eer aan God!
1. Eer God vir sy verbond met ons! v27
2. Eer God vir sy genade aan ons! v29
3. Eer God omdat Hy God is. v33-36

Laai af

My begeerte is om God te dien, dan het ek vrede! maar Ek erken en bely dat ek die wet oortree!

Skriflesing: Ex 20:17; 1 Joh 1:1-10
Teksvers: 1 Joh 1:8,10
Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n paartjie gehad wat wou trou en soos my gebruik is, het ek ten minste vier studeerkamer gesprekke met die oog op die huweliksvoorbereiding gehad. By die gesprek wat gehandel het oor kommunikasie en hoe hanteer jy verskille of woede in die huwelik, het die vroutjie, wat ‘n baie besliste persoon was, die volgende geantwoord op ‘n vraag wat ek gevra het:
Die vraag: Vra jy maklik verskoning as jy iets verkeerds gedoen het?
Antwoord: Ek maak nie foute nie!
Ons teksverse leer aan ons die teenoorgestelde: 1Joh 1:8 “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.” 1Joh 1:10 “As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.”

Deel die liefde van die Here

Skriflesing: 1 Johannes 4
Teksvers: 1 Johannes 4:9,10
God se liefde word konkreet aan ons geopenbaar deurdat Hy sy
eniggebore Seun, Jesus Christus, mens laat word het.
Elkeen wat in Jesus Christus glo, ontvang onder andere die
volgende: die liefde van God vir die mens; die Heilige Gees;
versoening met God; vergifnis van sondes; die ewige lewe;
bemagtiging om ander lief te kan hê; die liefde wat alle vrees ver-
dryf.
Mag jy, wat so baie liefde van die Here ontvang het, hierdie liefde
ook in jou woorde, dade en gedagtes deel met ander mense.
Hy wat baie ontvang het, het baie om te gee.
« Older posts Newer posts »