Daniël word deur die Here bemagtig om getrou te bly aan die Here en homself. Die druk is altyd daar om ons te probeer verander.
Ken jy die krag van die Here waar Hy deur sy Gees sy kinders gebruik om mense en omstandighede te verander? Elkeen van ons is instrumenteel in god se Hand. Hy gebruik ons waar en soos Hy wil tot sy eer.
Lees: Lukas 12:22-35 en Ps 90:10 Teks: LUKAS 12:32
‘n Laaste woord vir 2017! ‘n Jaar met sy eie drama. Die vrees vir wat wag in 2018 kan jou geloof benadeel. Vrees is ‘n wapen van die slinkse duiwel. Moenie bang wees nie! Ek is julle Herder!
Om die nuwe jaar van 2018 te betree vra van ons om net op die Here te vertrou. Dit sal egter ook kos dat ons onthou wie en wat ons nou eintlik is: Ons het ‘n nuwe identiteit in Christus ontvang. Ons is sy volk. Ons is sy bruid. Hy kom ons haal. Ons berei ons voor vir sy koms. Die jaar 2018 gaan die Here ons die geleentheid gee om ons werklik voor te berei, sodat ons gereed is vir sy wederkoms.
Lees: Lukas 2:1‑7; Johannes 1; Filippense 2; II Kor 6 Teksverse: Lukas 2:1‑7
Is daar plek vir die Messias in jou lewe? In jou besige skedule? In jou hart? Plek vir die evangelie van vrede? Plek vir die verkondiging van die grootste goeie nuus ooit?
Kersfees is nie ’n oorspronlike Christelike fees nie. Dit kom van die vermenging van die heidense feeste waarin die son en maan en bome aanbid is. Tydens die verklaring van godsdiensvryheid wou Konstantyn die nominale christene tegemoet kom en is verskeie heidense feeste in die christelike geloof ingebring. Die sg. ‘datum’ van Christus se geboorte word die eerste keer op die Romeinse almanak in 354nC as 25 Des aangedui.
Ons moet dus baie versigtig wees met die wyse waarop en die rede waarom ons een dag in die jaar sou afsonder om die geboorte van die Here Jesus te gedenk, terwyl die Bybel nêrens sulke voorskrifte gee nie.