Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 145 of 192)

Die betekenis en doel van die vervulling met die Heilige Gees

Skriflesing: Hand 4:23-31
Teksvers: Hand 4:31
HK: Sondag 20

Is vervulling met die Heilige Gees net vir sekere Christene bedoel?

Kan ek ook bid vir vervulling met die Heilige Gees? Hand 4:31 “Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.”

Vra jouself die vraag af…

  • Wil ek met die Heilige Gees vervul wees?
  • Het ek al gebid om met die Gees vervul te word?
  • Hoekom wil ek met die Heilige Gees vervul wees?

EN

  • Is ek met die Heilige Gees vervul?

Ons gaan na drie sake kyk:

  1. Hoekom moet ons vervul word met die Heilige Gees!
  2. Hoe word ons vervul met die Heilige Gees!
  3. Wat is die doel om vervul te wees met die Heilige Gees?

Laai af

Magteloosheid verdring jou vertroue in die Here

Skriflesing: Eks 3:1-4:17
Teksvers: Eks 3:11, 14

Magteloosheid verdring jou vertroue. Magteloosheid verdring alle hoop, alle vreugde, alle lewenslus. Om magteloos te voel, is om te voel daar is niks wat jy self kan doen wat jou lewe kan verander of verbeter nie…

Magteloosheid laat jou heeltemal verlam. En die wêreld waarbinne ons leef, is ‘n wêreld waarbinne ons al meer en meer magteloos voel. Met die inperkingsregulasies was ons volkome van enige magte gestroop. Soveel so dat nie net ons vryheid ingeperk is nie, maar ook ons vermoë om te werk. En wanneer ons so magteloos voel, dan word daardie magteloosheid baie gou ook hopeloosheid.

Hierdie hopeloosheid bring ‘n gevoel van betekenisloosheid en uitein-delik dat jy jou norme eenkant skuif en jouself isoleer en vervreem. Magteloosheid verdring uiteindelik ook jou vertroue in die HERE… Dit laat jou ook twyfel oor wie jy is, oor jou karakter, jou persoon, en jou hele bestaan.

Ons gaan vir die volgende paar preke stilstaan by verskeie karakters uit die Bybel en sien hoe die Here hulle op die proef gestel het, en hoe hulle behoue gebly het.

Laai af

Die Heilige Gees getuig van ons hemelse kindskap

Skriflesing: Rom 7:19-8:30
Teksvers: Rom 8:14 – 17
HK: Sondag 19

Ons gedenk vandag die uitstorting van die Heilige Gees tydens die Pinksterfees, 10 dae na die hemelvaart van ons Here Jesus Christus. Dit is ook wat vermeld word in ons belydenis in So 19 van die HK.

  1. Hoekom is die hemelvaart belangrik tov Christus se heerskappy?
    Kolossense 1:18 en Efesiers 1:20-23
  2. Wat is die pinksterfees? Hoekom is die Heilige Gees uitgestort tydens die pinksterfees?
    Numeri 28:6, 26-31, Handelinge 2:1-36 veral vers 33
  3. Watter verandering bring die uitstorting van die Heilige Gees vir ons?
    Romeine 8:1 ev
  4. Hoe kom die Gees ons te hulp?
    Matteus 28:18-20, Romeine 8:26 ev Johannes 14:16 ev

Laai af

 

« Older posts Newer posts »