Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Spreuke (Page 2 of 2)

NET TWEE DINGE NODIG!

Skriflesing: Spreuke 30:1‑9, en 15,16; 1 Tim 6:6-16 (6)
Teksvers: Spreuke 30:7‑9

Die boek Spreuke gaan oor ware wysheid. Wysheid is nie geleerdheid of slimmigheid nie. Wysheid is die kuns van die ware godsdiens, toegepas in ons daaglikse lewe. Ons praat van ‘lifeskills”. Gaan bestudeer weer die boek Spreuke en jy sal groei in ware wysheid wat van bo kom (Jak 3).
Ons teksvers is in wese ‘n gebed om die vervulling met die Heilige Gees. Die Spreukedigter besef dat hy ‘n sondaar is. Vol van homself en selfsugtigheid. Hy bid hier om genade om te kan verander. Maar ook dit kan hyself nie doen nie. Hy vra hulp van buite, van bo af, van die Here. En die Here gee ons die belofte in Jak 1:5 dat as ons wysheid kortkom, dank na ons dit van Hom vra. Hy gee aan almal sonder verwyt.
Laat Agur se gebed ook ons gebed wees!

Maak oop

Woorde ‘n gawe en verantwoordelikheid

Skriflesing: Spreuke 15
Teksvers: Spreuke 15:1

Dit is opvallend dat mense gewoonlik wanneer hulle wil argumen-teer, ‘n ander stemtoon gebruik. Die stem word gewoonlik harder en hoër. Verder is daar mense wat in ‘n argument net eenvoudig die ander persoon dood praat en glad nie vir die ander persoon kans gee om sy of haar standpunt te stel nie. Of iemand onder-breek die ander persoon die heeltyd totdat die ander persoon maar later noodgedwonge moet stilbly.
Dit is daarom selde dat ‘n argument in ‘n fluistertoon gevoer word, behalwe as jy nie wil hê dat iemand dalk sal hoor hoe hard en lelik jy kan praat nie. Sou iemand egter nie kwaad word nie en altyd sag terug antwoord, dan is dit moeilik om ‘n geveg voort te sit. ’n Harde antwoord lei byna altyd tot ’n heftige reaksie. Is dit vir jou belangrik dat jy altyd ‘n argument sal wen? Laat jy jou le-wensmaat en jou kinders toe om met jou in liefde te verskil?
Hier kom die Here in sy Woord en sê dat ’n sagte antwoord altyd beter is. Glo jy dit?

Laai af

Soli Deo Gloria God se eer lê dikwels in wat Hy verborge hou

Skriflesing: Spreuke 25:1-8
Teksvers: Spreuke 25:2

1. Die eer van God lê in wat Hy verborge hou.
Geen mens het God nog ooit gesien nie, en tog weet ons Hy regeer. In Sy onsigbaarheid word Hy deur sy kinders geëer vir alles wat Hy doen as Almagtige God wat die skepping elke dag onderhou. In Sy misterie word sy Almag geopenbaar.
2. Die eer van regeerders lê in wat hulle sigbaar doen.
Die regeerders moet deursigtig regeer. Daar moet sigbare orde en wette wees sodat elke onderdaan presies weet wat van hom/haar verwag word en hoe die regeerders ook die taak toepas.
3. Wees onderdanig aan die regeerders soos dit van ‘n Christen verwag word, tot eer van God.
Om jou lewe in te rig tot eer van God en gehoorsaamheid aan die regering, moet ons erken wie God is en wat Hy doen. Wat ons nie verstaan nie, aanvaar ons en wat geopenbaar is, lei ons tot daadwerkli-ke eer aan God.

Laai af

Om die goeie te kan geniet is ’n gawe van God.

Skriflesing: 1 Tim 6:3-21; Spr 30:7-9; Pred 3:11-13
Teksvers: 1 Tim 6:6-10; 17-19; Spr 30:7-9; Pred 3:13

“Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met ‘n eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog.” Deut 8:18
Ons standaard van lewe vandag, sou sekerlik as skatryk beskou gewees het in Timoteus se lewe.
Dit is moontlik om:

  • in hierdie lewe ryk te wees en in die hiernamaals arm,
  • in hierdie lewe arm te wees en in die hiernamaals ryk,
  • in hierdie lewe ryk te wees en in die hiernamaals ryk,
  • in hierdie lewe arm te wees sowel as in die lewe hierna arm te wees.

Ons gaan na vier sake kyk:

  • Wees nederig met wat jy van God ontvang het.
  • Vertrou op God en nie op rykdom nie.
  • Geniet wat God aan jou gegee het.
  • Gebruik wat jy ontvang het tot voordeel van jou medemens

Laai af

Newer posts »