Kategorie: Psalms (Page 2 of 14)
Skriflesing: Psalm 24 1; Korintiërs 2 (1983)
Teksvers: Ps 24:4; 1 Kor 2:14
Paulus vergelyk ons lewe met die optog van ʼn Romeinse generaal wat van sy veldslae af terugkom in Rome: Sy oorwinningsviering of segetog.
Kyk gerus op internet na die ‘Arch of Titus in Rome’ om te sien hoe lyk die triomfboog van Titus, nadat hy in die eerste eeu feitlik al die volke en opstande in Midde-Ooste onderdruk en oorwin het.
Is ons lewe as gedoopte gelowiges een van oorwinnaars en selfs méér as oorwinnaars?
Skriflesing: Psalm 34 (1983)
Teksvers: Psalm 34:8,9
HK: Sondag 10
Laat ons onthou dat ons in die aanddienste besig is in die leerprediking om die Heidelbergse Kategismus te verklaar. Vanaand kyk ons verder na die eerste sin van die Apostoliese Geloofsbelydenis: “Ek glo in God die Vader…”
Die aanddienste gee aandag aan ons gereformeerde geloofsleer en dit sal raadsaam wees om te sorg dat ook ons groter kinders saam met u saans in die aand-eredienste kom vir hierdie onderrig.
Vanaand bedink ons die Woordjie “voorsienigheid” wat God se omvattende beskikking en sorg vir sy kinders beskryf.
Skriflesing: Psalm 25:1-22 (2020)
Teksvers: Psalm 25:4,5
In hierdie Psalm vra Dawid, dat die Here sy sondes sal vergeet, dat Hy nie meer sal dink aan die sondes van die verlede nie, dat Hy sondaars leer aangaande die weg, die regte pad. Hierdie regte pad is die pad van waarheid. Dit is ook die pad van God se barmhartigheid, sy troue liefde en sy Verbond.
In kort sou ons kon sê Dawid bid en pleit: “leer ons U waarheid, Lei ons op U weg, laat ons in U liefde lewe.” Het u dit al iewers gehoor?
Skriflesing: Psalm 19:1-15 (2020)
Teksvers: Psalm 19:8-10
HK: Sondag 2
Ons het verlede week gehoor hoe nodig ons troos het. Ons is soos ‘n baba wat verwerp is, wat sonder God se genade nie kan oorleef nie. Tog het Hy ons skoon gewas en sy bruid gemaak.
Die bruid is nie uit haarself waardig om te regeer as koningin nie, sy word waardig gemaak. As sy in die Koning se spieël kyk, sien sy al haar sondige gebreke, haar gebrek aan skoonheid en veral die afwesigheid van liefde.
Ons staan vanaand stil by Psalm 19 wat vir ons die volmaaktheid van die wet beskryf.
Skriflesing: Psalm 133; Ef 4:3-6; Klaagliedere 3:21-25 (1983)
Teksvers: Psalm 133
Alles in die lewe is nie altyd “goed en lieflik” (Eng: good and pleasant) nie. Dawid smag na iets wat hyself ook maar min beleef het.
Tussen hom en sy broers was dit maar ‘n narigheid. Tussen hom en sy werkgewers was daar heeltyd probleme. Selfs tussen hom en sy familie sou die swaard nooit meer wyk nie.
Hierdie psalm is dus sy versugting en smagting na wat mooi en lieflik is: eenheid van die gelowiges… broers en susters wat in liefde saam aanbid en dien.
Vandag kry u en ek weer die geleentheid om te midde van ‘n gebroke wêreld iets te beleef van dit wat werklik mooi en lieflik is. En dit vir ewig!