Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 38 of 66)

Deur Sy Woord en Gees vernuwe God sy kerk

Skriflesing: Esegiël 37:1-28 
Teksvers: Esegiël 37:12-14

“Ons bene is verdor, ons verwagting is verlore!” Dit is klaar met ons… Hierdie woorde sny deur ‘n mens se hart. As iemand moed opgee en nie meer kans sien vir die lewe nie. As iemand nie meer krag het om aan te wil gaan nie! 

Dit is presies wat gebeur het met die ballinge in Babel. Toe hulle hoor Jerusalem het geval en die tempel is vernietig, het hulle hele wêreld en al hulle verwagtinge inmekaar gestort. Vandag staar ons iets soortgelyks in die gesig. Ons hele lewe en alles wat ons glo en vertrou word uitgedaag. Ook die bestaan van die kerk word bevraagteken… 

Ons staan vanoggend stil by die profetiese boodskap van hoop en verlossing as die Here aankondig dat Hy deur Sy Woord en Gees nuwe lewe skenk. Amen 

Jou lewe moet getuig van God se Verlossing en oordeel

Skriflesing: Esegiël 33:1-20
Teksvers: Esegiël 33: 7-11 

Die evangelie is ‘n Blye Boodskap van God se genade. Maar dit is ook ‘n boodskap van oordeel. Dit plaas ‘n enorme verantwoordelikheid op elkeen wat dit hoor, en elkeen wat dit glo. As God die oordeel aankondig en jy waarsku nie iemand nie, word jy verantwoordelik gehou. God plaas ons as wagters, as brandwagte in hierdie wêreld. Jou lewe moet getuig van Sy verlossing maar dit moet ook getuig van sy regverdige oordeel. Amen

Ds Lourens Venter 

PROEFGEBOD

Skriflesing: Gen 2:4b-25
Teksvers: Gen 2:16,17 

Voorregte bring verantwoordelikhede! God se genade vra gehoorsame verantwoordelikhede 

1 God skep die man Gen 2:4b-7 

2 God skep ’n tuiste Gen 2:8-15 

3 God skep ’n Proefgebod Gen 2:16,17 

4 God skep die vrou Gen 2:18-23 

5 God skep die huwelik Gen 2:24,25

Ds Gerrit Kruger 

God het geskape, gevul en gerus!

Skriflesing: Gen 1:1-2:4
Teksvers: Gen 2:4 

Die magtigste president, die rykste man, is ’n krummeltjie teen die Almagtige God se mag. Want hulle kan baie praat en dreig en belowe en niks gebeur nie. MAAR wanneer God praat, gebeur dinge. Hy het gepraat en die aarde, see en hemele is geskape. Op Sy Magswoord, gebeur dinge. 

Ons gaan na drie sake kyk! 

  • God het geskape
  • God het gevul.
  • God het gerus 

Aanskou hoe die Here vir julle veg en loof Hom!

Skriflesing: 2 Kronieke 20:1-34
Teksvers: 2 Kronieke 20:17

As dinge vir ons té veel raak en ons skrik vir die omstandighede en die bedreigings van ons tyd, roep die Woord van die Here ons op om sy oorwinnings in herinnering te roep. Kyk hoe het Hy sy volk in die ou tyd telkens uit die grootste benoudhede verlos. Kyk dan na die Nagmaaltekens en weet: Die Here voer selfs die stryd vir ons. Ons is deel van sy koninkryk waarvan Hy die Oorwinnaar-Koning is! 

God is EWIG

Skriflesing: Gen 1:1-5; Ps 90:1-6; Ps 92:1-16
Teksvers: Gen 1:1 

  • God is ewig – voor die Skepping. (Genesis) 
  • God is ewig – in die Skepping. (Vanaf Genesis tot Openbaring) 
  • God is ewig – na die Skepping (In die ewige heerlikheid) 
« Older posts Newer posts »