Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 39 of 66)

Elke oorwinning kom net van die Here!

Skriflesing: Psalm 20; Op 19:11-16; Deut 17 en 20 
Teksvers: Psalms 20:8

Gewoonlik kyk mense maar bietjie neer op ‘n donkie. Selfs spreekwoordelik is die donkie maar lui en steeks. Gee my veel liewer die krag van ‘n perd en sy ruiter en ek sal beter doen, verder vorder meer oorwin.
Dit is alles menslike gedagtes. God het nie iets of iemand nodig om sy plan uit te voer of oorwinnings te behaal nie. Juis omdat ons nie kan nie, doen Hy dit self. Selfs in die alledaagse gewone dinge kan ons maar net op die Here vertrou en op dié manier totaal anders wees as die mense van die wêreld onder wie ons lewe en oorlewe! 

Die leërowerste van die HERE!!

Skriflesing: Josua 5:1‑6:6; Josua 6 (self lees) 
Teksvers: Josua 5:14 

Ons lees hierdie hoofstuk oor die val van Jerigo soos ‘n mooi storie. Soms ‘n slaaptydstorie! Onthou net dat hierdie verhaal opgeteken is in die Bybel, omdat ons God leer ken uit sy werke in die geskiedenis. Dit is dus veel meer as net ‘n storie, dit is die bekendstelling van die heilige en magtige God self. Ons moet vasstel wat die Here in die geskiedskrywing van Homself aan ons bekend maak, en hoe dit dan ook ons lewe raak. 

Wat is die vergelyking tussen Josua en Jesus, terwyl hulle name presies dieselfde beteken: Redder/Verlosser? 

Waarom kom die Here juis nou en op hierdie wyse na genl. Josua toe? 

Kanaän aan Moses belowe, vir hom gesluit, vir hom geopen!

Skriflesing: Deut 34:1-12 
Teksvers: Deut 34:4 

Wonder u ook hoe lyk die hemel? Is dit groen weivelde? Hoe lyk die hemelskaar van engele en uitverkorenes? Is daar kore wat heeldag sing of is almal saam een massakoor? Hoe gaan dit in die hemel wees? So baie vrae en so min antwoorde. Wat openbaar die Skrif aan ons. Moses het ook ’n belofte ontvang van Kanaän, maar Kanaän was nie vir hom beskore om in te trek nie. Ons gaan na drie sake kyk met toepassing op ons vandag: 

  • Kanaän aan Moses belowe. 
  • Kanaän vir Moses gesluit. 
  • Kanaän vir Moses geopen. 

Oop ore!

Skriflesing: 2 Samuel 5; Ps 40:7 
Teksvers: 2 Samuel 5:24 

Hoe goed is jou ore!? Dalk moet jy vir oortoets gaan? Jou waarnemings met geestelike jou ore is belangrik. 

Wat hoor jy? Waarna luister jy? Hoe goed is jou opvangs? Hoe goed is jou skottel(s) ingestel op die regte waarneming? Mens het nogal twee ore gekry. 

Luister en luister baie goed! Dalk hoor jy dan die stem en leiding van die Here! Geloof is uit die gehoor en gehoor is uit die Woord van God (Rom 10)! 

Die Evangelie IS die Blye Boodskap

Skriflesing: Jesaja 51:17-53:5; Romeine 1:1-7 
Teksvers: Jesaja 52: 7 

Hoe lieflik is op die berge die voetstappe van hom wat die Goeie Boodskap bring… Wat ‘n Boodskap van vrede en verlossing aankondig. Wat ‘n Goeie tyding bring, wat redding verkondig. Wat sê: Jou God is Koning… Dit is die evangelie. Die Goeie boodskap. Die Blye tyding

Ons sluit vanoggend af met die vraag: wat maak jou bly? Vandag is daar maar min dinge om oor bly te wees. Tog het ons gesien dat die Here se Verlossing ons bly maak. Dat die Here se gawes ons versorg, waarmee ons Hom kan dien. Dat die Here oor ons bly is. Maar bo alles, is die boodskap van God se genade, die evangelie, die Bybel, ons diepste bron van vreugde. Want dit verkondig aan ons Christus en Hom as die gekruisigde. 

Die Evangelie is die boodskap wat ons bly maak! Amen 

« Older posts Newer posts »