Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 37 of 66)

Die Rooidag skyn al duidelik! God is voor jou, agter jou en by jou!

Skriflesing: Jes 58:1-14
Teksvers: Jes 58:8

Die helder Môrester skyn al helderder. Die Rooidag is aan die breek. Ons weet die dag gaan aanstons hier wees. Dit is die voorreg wat ons as Christene het. Ons weet dat die wederkoms is naby. Presies wanneer sal ons nooit weet nie, maar ons weet dit is naby. Maar om gerustheid te kry moet ons besef dat ons sondig is, dat Jesus Christus vir ons gesterf het en dat die wederkoms naby is, as Hy ons kom haal om vir ewig by Hom te wees.

Jesaja kry drie opdragte:

  • Die Rooidag moet ons wakker maak.
  • Die Rooidag moet ons tot dade lei.
  • Die Rooidag lei tot die helder lig.

BY DIE HERE ALLEEN IS DAAR RUS EN VREDE

SKRIFGEDEELTE: Jesaja 55
TEKSVERSE: Jesaja 55: 8 & 9

Tydens hierdie gebeure in Jesaja 55:1-13 was die Israeliete (Juda) in die Babiloniese ballingskap. Hulle het na vrede en uitkoms gesoek deur hulle eie planne te probeer maak. Daarom spreek die Here hulle aan in sy bemoedigende woorde deur te vra waarom wil julle iets koop wat nie met geld gekoop kan word nie. Dit wat hulle soek, daardie innerlike honger en dors na vrede en rus, sal nooit deur hulle eie insette gestil kan word nie. Die HERE bied aan hulle die ware rus en vrede deur sy aankondiing van ‘n nuwe verbond met hulle.

Daar is egter ‘n verskil tussen die verbond wat die Here met Dawid aangegaan het en die nuwe verbond waarin die Here vrede vir alle volke bied wat opreg na die Hom smag. Die nuwe verbond is gesetel in Jesus Christus, vol genade en onverdiend en in ‘n sekere sin ook ongevraagd. Die Here gee aan die opregte soekers na die Here, sy Gees wat hulle sal leer en lei tot volle vertroue en oorgawe aan die Hom.

Die Here kom om deur hierdie gebeure ons te leer dat die Here se gedagtes en sy paaie nie vir ons altyd verstaanbaar is nie. Wat ons wel weet, is dat die Here veel meer vir ons bied as wat ons ooit kan dink of droom. Ons kan Hom vertrou. Hy weet wat Hy doen en waarheen Hy met ons oppad is.

Mag jy die blye boodskap van blywende troos en vrede in en deur Jesus Christus in die onverstaanbare wêreld waarin ons lewe, ken en getroos lewe in en deur die Heilige Gees.

Ds Paul

18 Julie Oggenddiens

Skriflesing: Job 1:1-2:10; Job 19:25,26,27; Job 42:1-6
Teks: Job 1:20,21 & 19:25-27

In donker dae is die Here steeds in beheer. Ons lewe in ‘n gebroke wêreld en die duiwel sal ons beproewings wil omdraai in versoekings! Job se lewe val op een dag in stukke, en tog kry hy die genade om sy oog op God gerig te hou. Sy dieptepunt in lyding word ‘n hoogtepunt in geestelike groei.

MOEDERBELOFTE – PROTO-EVANGELIE!

Skriflesing: Gen 3:1-24; Rom 5:12-21 
Teksvers: Gen 3:15; Rom 5:14b,15 

Gen 3:15 (‘53 en ‘83) 

15a “Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, 
15b tussen jou nageslag (saad) en haar nageslag. (saad) 
15c Haar nageslag (Hy) sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” 

As Genesis drie nie in die Bybel opgeskryf was nie, was die Bybel nie nodig soos wat ons dit ken en ontvang het nie. HOEKOM… 

Want die res van die Bybel handel oor die mens se sondes en oortredinge, en oor wie God is in sy Selfopenbaring en in sy genade wat Hy gedoen het om die mens te verlos. As ons Genesis drie verstaan, verstaan ons die res van die Bybel en natuurlik veral Romeine 5. 

• Satan is God se vyand en hy is werklik en bestaan. 
• Satan het die mens se hele bestaan verander…. 
• God se genade nou reeds geopenbaar in die Moederbelofte. 

« Older posts Newer posts »