Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Daniël (Page 3 of 3)

Die Here bring die mees geharde mens tot inkeer

Skrifgedeeltes: Daniȅl 4
Teksvers: Daniȅl 4:35

Dit kan so maklik gebeur dat ons iemand kan afskryf. Ons kan dink dit is onmoontlik om iemand se hart te verander wat sonder die Here lewe. Tog kom die Here om ons hier te leer dat Hy die hart en lewe van die magtigste koning draai om tot inkeer te kom en te bely dat al die mag en die eer en die heerlikheid aan die Here alleen toekom.

Kom ons bid vir ons leiers en vir mense wat ons al afgeskryf het om tot ware inkeer en bekering te kan kom. Kom beleef weer die Here se groot mag en krag en liefde vir verlore mense.

Laai af

Ons krisisse is God se geleenthede

Skrifgedeelte: Daniȅl 2
Teksvers: Daniȅl 2:17-19

Onredelik, onrealisties en onmoontlik is die eis van koning Nebukadnesar. Vir die mens onmoontlik. Vir die Here is alles moontlik. Hy ken ons gedagtes nog voordat dit by ons opkom. Hy weet alles van ons. Hy is in beheer.
Mag jy die jaar 2018 met al sy krisisse in die geloof aanpak. Sien die Here se beheer raak, wanneer die onmoontlike van jou verwag word. Wat vir die mens ‘n krisis is, is vir God ‘n geleentheid.
Mag jy weet dat Hy in beheer staan van jou lewe.

Afrikaanse diens

God verander die wêreld deur sy kinders

Skrifgedeelte: Daniȅl 1
Teksverse: Daniȅl 1: 8

Daniël word deur die Here bemagtig om getrou te bly aan die Here en homself. Die druk is altyd daar om ons te probeer verander.
Ken jy die krag van die Here waar Hy deur sy Gees sy kinders gebruik om mense en omstandighede te verander? Elkeen van ons is instrumenteel in god se Hand. Hy gebruik ons waar en soos Hy wil tot sy eer.

Laai af

HERE, in ons nood kan ons maar net vashou aan u troue verbondsbelofte

Skriflesing: Daniël 9
Teksvers: Daniël 9:19

In Daniël 9 word die worsteling deur Daniël vir sy eie sonde en vir die sonde van die volk Israel biddend voor die Here gestel. Daniël beroep hom op die belofte van die trroue HERE van die verbond. Net die HERE kan uitkoms gee en redding en troos.
Terwyl hy nog so bid, het die engel Gabriël aan hom verskyn en die visioen van die 70 jaar ballingskap kom verduidelik.
Net die HERE kan uitkoms gee in ons lewe en in ons land. Net Hy is ons rots en ons anker en toevlug.

Laai af

Newer posts »