Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 21 of 129)

Uitverkiesing: Onregverdig? Of genadig?

Skriflesing: Matteus 20:1-16 (1983) 
Teksvers: Matteus 20:14,15 

“If the world could be saved by good bookkeeping, it would be saved by Moses, not by Jesus” (Philip Yansey, 1997). 

As God moes boekhou van ons sonde om ons daarvolgens te beloon, sou ons die oordeelsdag moes vrees. Nou vrees (eer) ons God in blymoedige dankbaarheid omdat Hy, wat syfers en wiskunde ontwerp en in die natuur se wetmatighede ingeskape het, NIE SELF ‘n slaaf daarvan is nie! Dit is immers nie die rykes wat eerste in die koninkryk ingaan nie, en nie die sterkstes wat die oorwinning behaal nie. 

Alles net genade onbeskryflik groot! 

Maak jou roeping en verkiesing vas

Skriflesing: 2 Petrus 1:1-21 (2020)
Teksvers: 2 Petrus 1: 5-9

Ons sluit vandag af met die prediking aangaande die Dordtse Leerreëls. In hierdie laaste kanon vind ons die diepe troos van die volharding van die gelowiges, dat hulle nie uit die genade van God kan val nie. 

Soms gebeur dit egter dat ‘n gelowige kind van die HERE, soos die verlore seun, baie ver van sy Vader leef. Daarom kom die oproep, om eerder jou inwoning in die huis te verseker en te bevestig. Moenie tevrede wees met die minste nie. Lê jouself toe om met alle ywer (spoed en inspanning) om jou geloof te laat groei. Om God te ken en self uit sy liefde te leef. 

Daarvoor is die Nagmaal ‘n hulpmiddel, ‘n versterking van geloof. Maak dan jou roeping en verkiesing vas. 

God gee nie moed op met sy mense nie

Skriflesing: Filippense 1 (1983)
Teksvers: Filippense 1:6
DL Hfst 5

Daar is baie dinge wat ons blydskap steel. Een is twyfel. Twyfel aan jouself. Aan die Woord. Aan God! 

Ons twyfel maklik en dan bekruip die moedeloosheid en swartgalligheid ons soms sommer helder oordag. Dit is waarskynlik daaraan te wyte dat ons so maklik tou opgooi. As dinge bietjie swaar word, as ons begin sukkel, nou-ja dan staak ons sommer en gooi tou op. 

Ons gees doen nogal dieselfde soort ding as dit by geloof in God kom. 

Ons vergelyk God eintlik met onsself! En daarin vind Paulus die verskil: God is nie soos ‘n mens, soos ons nie! Hy gooi nie sommer net handdoek in nie. Nie dat ons dit vir Hom eintlik maklik maak nie. 

Laat My lammers wei

Skriflesing: Joh 21:1-25 (1953)
Teksvers: Joh 21:15

In ons skrifgedeelte lees ons hoe Jesus drie maal vir Petrus vra: Het jy My waarlik lief? Telkens as Petrus antwoord, kry hy ook ’n opdrag i.v.m. Jesus se kudde. Die eerste is: ‘Laat My Lammers wei.’ 

In vanaand se prediking wil ons hierdie Bybelse opdrag behandel aan die hand van die volgende punte: 

1. Wie moet die lammers laat wei? 
2. Hoe moet ons hulle laat wei? 
3. Wat motiveer ons om hulle te laat wei? 

Genade maak lewend, verbeter en verbuig lieflik en kragtig

Skriflesing: Handelinge 17:15-34 (2020)
Teksvers: Handelinge 17:30-31

Wanneer ‘n mens met ‘n 2-3 jarige peuter te doen het, weet jy dinge kan baie interessant wees. Die kleinste en vreemdste dinge is fassinerend. 

Wat egter nie so wonderlik is nie, is die wil van daardie selfde peuter. Soms weet hulle self nie wat hulle wil hê nie, en raak gefrustreerd. Dit neem baie geduld en liefde en deernis van ouers en boeties en sussies om so klein mensie te help verstaan, om hulle wil te buig, sodat ‘n gesin in vrede kan saam leef. 

Op baie manière is dit presies hoe God deur sy genade weer lewe in ons wil wek. Hy verbeter ons, en buig ons lieflik en met krag sodat ons mag wees wat Hy wil. So word ons weer gebore, uit God se genade, deur sy liefde. 

Regverdiglik Vrygespreek

Skriflesing: Jona 3:10-4:11; Romeine 3:1-31 (2020)
Teksvers: Jona 4:1-3; Romeine 3: 23-24

Ons het gesien die werk van God in ons verlossing is nie net uitsonderlik nie, maar ook uiters noodsaaklik. Hy is die Een wat ons roep, wat deur die Heilige Gees die geloof in ons wek tot ‘n nuwe lewe deur wedergeboorte. Daarby moet ons deur geloof vasgryp aan God se genade en ons hartgrondig bekeer. Deur geloof, word ons vrygespreek. 

Ons kyk vanaand na die betekenis van vryspraak, of regverdiging van die sonde in die lewe van Jona en die groot stad Nineve en die wyse waarop ons deel kry aan die geregtigheid van God. 

« Older posts Newer posts »