Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Lukas (Page 5 of 13)

Die beker wyn wys op die nuwe verbond in die bloed van Christus

Skriflesing: Lukas 22:7-23; Eksodus 24:1-9; Levitikus 17:10-14 
Teksvers: Lukas 22:20 

Vandag staan bekend as palm Sondag. Dit is die dag waarop Jesus vir die laaste keer na Jerusalem sou kom. 

Hy was verbied om deur die gebied van Samaria te gaan, en moes die roete van die Dekapolis neem. So het Hy as te ware die laaste Eksodustog aangedurf om die Eksodus in Jerusalem te volbring. Hier word die Pasga, die Paasfees vervul as Jesus self as Offerlam geslag word. 

Ons kyk vandag na die betekenis van die beker wat Jesus moes drink, en die beker wat Hyself getuig, die Nuwe Testament in sy bloed is. 

Vergifnis vra en vergifnis gee!

Skriflesing: Lukas 7:47; Psalm 51 
Teksvers: Lukas 7:47 
HK Sondag 51 

Die VYFDE BEDE is die onmisbare verootmoediging wat God ons in sy teenwoordigheid leer. Die Kategismus het immers drie dele, waarvan die eerste en kortste deel (Son 2-5) handel oor ons kennis van ons eie sonde en ellendigheid. 

Voordat jy nie eerlik by jou eie sonde gaan staan en met ‘n gebroke hart voor God belydenis doen nie, sal die nood-saak en erns van vergifnis en verlossing in Christus ook nie by ons posvat nie. Omgekeerd is dit egter wel waar en troosvol en lei dit tot groter liefde teenoor God en veral ook teenoor ons naaste, ja soveel dat ons werklik meer en meer probeer om te vergewe soos God vergewe

« Older posts Newer posts »