Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Johannes (Page 10 of 14)

Doeke is geloofwaardig…

Skriflesing: Johannes 19:38-20:10 
Teksvers: Johannes 20:5-8 

Sondag oggend, die eerste dag van die week, het die dissipels nuus gekry dat Jesus opgestaan het. Maria Magdalena was al vroeg by die graf, omdat sy nie behoorlik kon afskeid neem van die Here nie. Sy wou nog maar weer vir ‘n laaste keer eer bewys aan haar Here, al was Hy dood. Maar Hy was nie daar nie. ‘n Engel het eers verskyn waarna Jesus self met haar gepraat het. Sy moet die dissipels gaan vertel Jesus het opgestaan. 

As Petrus en Johannes hierdie nuus kry, hardloop hulle voluit na die graf. Hulle wil self gaan sien… As Petrus die graf binnestorm, sien hy niks behalwe die doeke waarin Jesus gebalsem was nie. En as Johannes ook ingaan sien die doeke in die graf, en die doeke is geloofwaardig… 

Jesus is die ware mens dra die volle las van ons sondes

Skriflesing: Johannes 18:28-19:19
Teksvers: Johannes 19:5

Vir die afgelope paar maande het ons gesien hoe gewone mense se lewens verander word as God ingryp. Hulle was moeg en uitgeput, hulle omstandighede was sleg en hulle toekomsperspektief was sonder hoop. Deur die kragtige hand van God, het hierdie mense net soos ons, uitsonderlike dinge vermag.

Al was hulle in sak en as. Al was hulle magteloos en het gevoel of hulle lewe sonder betekenis is, wys die Here ons op die waarde van ons lewens en hoe kosbaar ons is in Sy oë.

Tog is daar een mens wat meer gedoen het as hulle almal saam. Een mens, wat die enige en ware mens is. Hy wat nie deur sy omstandighede bepaal hoe Hy optree nie, maar wat doelbewus Sy Eie heerlikheid prysgegee het en die volle las van ons sondes gedra het. Ons staan stil by die mens, Jesus Christus, die volle openbaring van God, die Woord wat vlees word. Amen

Laai af

Die hemelvaart is tot òns voordeel!

Skriflesing: Johannes 16:7
Teksvers: Johannes 16:7

Ons vier hierdie week die hemelvaart en volgende week Pinkster. Laat ons weer besef dat ons in ons aanbidding van God te make het met die verheerlikte Seun van God, wat nou weer by sy Vader is en wat terselfdertyd ook steeds ware mens gebly het. Hy is egter daar tot ons beswil en voordeel.

1. Wat beteken die hemelvaart van Jesus Christus vir ons? (Kyk gerus weer na u belydenis in HK Sondag 18 en 19.)

2. Waarheen het Jesus gegaan toe Hy opgevaar het en dink jy dit was vir Hom ‘n heel nuwe ervaring? (Mark 16:19; Joh 6:62)

3. Luister hoe antwoord Jesus die hoëpriester en kyk of jy die grootste belofte wat ons vandag het daarin kan vind (Matt 26:64).

4. Lees gerus die volgende verse in voorbereiding op die prediking: Joh 16:7 en 14:16; 4:34; 8:31-34;Ef 1:19-23; Fil 2:9; Hand 1:8-11

Laai af

« Older posts Newer posts »